Wednesday, November 8, 2017

Lê-jou-eier: Sulke vriende het ek nie nodig nie.

Toe ek die tema van hierdie week se Lê-jou-eier uitdaging lees het 'n paar ou stink bene skielik uit die geraamte kas gespring. Familie en vriende bene wat soos jy sê Hester soos albatrosse om 'n ou se nek hang, wegkruip in die lang gras soos slange of sommer net gereed staan met 'n langlemmes agter jou rug. Maar voor al die dooie bene hul dansie kom uitvoer kom ons sit hulle gou-gou terug in die kas en maak die deur toe en fokus op die goeie.

Wie is die vriende wat ek die nodigste het? Wie is die mense of kan ek eerder vra hoe is die mense vriende wat ek die naaste aan my hou?

Spreuke 27:5 "Openlike teregwysing is beter as verborge liefde." en vers 6 ook sommer by "Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur 'n vyand is deceitful." 

Vriendin jy wat altyd net sê hoe 'n ding is, my laat bloos en nie doekies omdraai nie, jy is my kosbare vriendin. Jy, al sien ek jou net een keer in 'n jaar, met jou kan ek gesels asof ek jou gister laas gesien het en dan stap ek weg met nog 'n brokkie van jou wysheid wat ek dan diep in my hart bêre. En my naby vriendin met wie ek nooit oor die alledaagse dinge soos kinders en skool en waterspaar en laagste pryse waar en avokadopeerbome gesels nie, maar sommer inspring en diep diep kan gesels. Julle is kosbaar. Julle is soos kos vir my siel. En ek weet as ek die pad byster raak sal julle my kom uithaal en reguit praat en selfs as dit nodig is hard praat. As jy jouself hier raaklees, weet dat ek jou lief het en opreg waardeer in my lewe. Dank die Here vir mense soos julle.

Dan is daar die dooie bene in die kas vir wie ek 'n opregte vriendin wou wees met opreg bedoelde wonde, maar jy wou dit nie hoor nie en sien my vandag steeds as die vyand. Die vyand my mens is die een wat jou ruggie vir jou gaan vryf terwyl jy in die koue as lê. Die vyand is die een wat jou met mooi woordjies gaan paai en wat jou seker nog in jou kwaad gaan sterk ook.

Maar dis nie ek nie.

Vir jou wil ek ook nie as 'n vriendin hê nie.

O ja en moet ook nie by my kom sit en skilder oor iemand anders nie want vir jou vertrou ek nimmer as te nooit nie.

En daar lê ek my eerste eier op die avokadopeerboomblog!



Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

Wednesday, November 1, 2017

Wednesday picture story.


'n Hopie Struwigs!
'n Duisend woorde in een prentjie.

My laaste sê oor #swartmaandag aka #blackmonday (en die reën wat wegbly)

Ek het beslis nie baie gewildheid verwerf met my vorige skrywe nie. Maar na gister is ek vir die eerste keer bang vir my land. Daar word nou boodkappe rondgestuur wat my benoud maak en dit is presies waarteen Heinz Winkler gewaarsku het. En al wat dit eintlik is is ras teen ras propaganda.

Hierdie #swartmaandag het in 'n rasse ding ontaard. Kyk maar die foto's op facebook, dit is alles net blanke mense en hier en daar 'n plaaswerker wat deelneem.

Ek is bly ek het nie Maandag swart gedra nie en ek is bly dat ek my medemens wat wel swart gedra het se nie-verbale gedrag teenoor my kon ervaar.

Maar terug by my vorige skrywe. L*, ek was nie confused toe ek dit geskryf het nie. R*, ek weet wat met die kosrakke by die OK gaan gebeur as die boere uitgemoor word. Ek is nie dom of confused nie.

Laat ek verduidelik:

Al wat ek gesê het is dat ons ons moet bekeer voor die Here gaan antwoord met seën. Dit is wat 2 Kronieke 7 vers 14 ook sê.

Kom ek verduidelik die betekenis van bekering. Daar is 4 goed wat gebeur:

  1. Ek erken eerstens dat daar 'n God is. Dat Hy heilig is, regverdig is, goed is, genadig is, lankmoedig is, maar ook sonde haat en volgens Sy karakter sonde gaan straf oral waar dit te vinde is. 1 Kor 6:9&10
  2. Ek erken dat ek teen hierde God gesondig het. Ek het gelieg, gesteel, gelaster, begeer en gehoereer. Ek staan skuldig. 
  3. Ek neem Jesus aan as my Verlosser en aanvaar en glo in die versoening wat plaasgevind het op die kruis van Golgota.
  4. Nou maak ek 'n U-draai. Daar vind wedergeboorte in my gees plaas en nou leef ek nie langer vir myself nie maar vir Jesus my Redder. Alles wat ek hiervanaf doen doen ek vir Hom tot Sy eer en verheerliking en my lewe begin stukkie vir stukkie daarvan getuig. 
En hier kry ek nou die kloutjie van die reën en die water by die oor....

Hoeveel gebede het die laaste drie maande opgegaan voor ons Hemelse Vader se troon vir reën? Daar is tot tot die voorvadergeeste en al wat 'n ander god is gebid so rukkie terug.

Waar staan ons dam vlakke?

Waar is God se antwoord? Hoekom het die hemelsluise nog nie oopgemaak nie?

Het ons al gevra wat probeer die Here vir ons sê? 

Het jy al gaan stil word en vir die Here gevra waarom waarom kom die groot reën nie? Ons reën seisoen is amper verby. 

Kom ons raak stil en offer meer as net een minuut om nege saans op vir die God van die Heelal wat alles in Sy hand hou.

2 Kronieke 7:13&14 "As ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesit soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees."


Monday, October 30, 2017

Hoekom ek nie vandag swart dra nie.

Laat ek begin deur te sê ek is netso moeg en siek en sat vir die geweld in ons land soos enige ander Suid Afrikaner. Genoeg is inderdaad genoeg.

Gister toe preek ons Pastoor seker sy beste preek van 2017 uit Psalm 15. Wie mag vertoef in U tent? Wie mag woon op U heilige berg? En Pastoor vra dit anders: Wie mag by U tafel kom aansit Here? Saam met wie wil U graag 'n feesmaal hou? 

Hy wat opreg wandel.

Hy wat geregtigheid doen.

Hy wat nie rondgaan met laster op sy tong nie.

Hy wat sy vriend geen kwaad doen nie.

Hy wat nie sleg praat van sy naaste nie.

En ons bid Here genees ons land.

Oom Angus, mag die Here hierdie man seën, preek elke keer hierdieselfde versie.

En my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. (2 Kronieke 7:14)

En hulle bekeer van hul verkeerde weë...

En ons bid Here genees ons land.

Is Suid Afrika bereid om hul te bekeer van hul verkeerde weë?

Vir wie het ons in die laaste twee verkiesings gestem? Dalk die party wat aborsies en gay huwelike voorstaan en gewettig het? 

Is jy bereid om daardie pornografie verslawing vir ewig en altyd te stop? Net te verdomp stop.

Is jy bereid om daardie drank probleempie wat jy ontken 'n probleem is van jou aan te spreek?

Is jy bereid om daardie Facebook skelmpie af te sê?

Daardie dwelm probleem? 

Jy weet goed jy verneuk vir SARS en eis invoices van werk wat nooit gedoen is nie.

En ons bid Here genees ons land.

Hoekom het ons nie al padblokkades gehou toe Anene Booysen so wreedaardig verkrag en vermoor is nie? Hoeveel klein dogtertjies in ons land moet nog gemolesteer verkrag en vir dood agtergelaat word?

Babatjies in vullisdromme gevind word? 

En ons bid Here genees ons land.

Hoeveel keer gaan ek en jy nog in Barbardstraat afry en sien hoe 'n jong man homself met heroïn inspuit oop en bloot langs die pad?

Hoeveel keer gaan jy nog Grand West toe gaan en daardie geluksgodin voer? 

Hoeveel Sondae gaan jy nog in die kerk sit en jou suster verwens wat twee rye weg van jou sit en netsoos jy die Here wil aanbid en netsoos jy duur gekoop is met dieselfde kosbare bloed van Jesus?

En ons bid Here genees ons land.

En ons bid Here laat dit reën.

Maar net gister middag het jy jou karre onder die tuinslang afgespuit meneer die skoolhoof en jy dink niemand sien nie meneer die skoolhoof. Jy is die voorbeeld vir baie.

Hoeveelkeer gaan jy nog swets op die buurtwagwhatsappgroep en uit dieselfde foon (mond) godsdienstige boodskappies rondstuur? 

Dink jy God sien nie hierdie klein sondetjies van ons raak nie?

Dink jy Hy gaan ons land genees as ons so gaan aangaan?

Ek wil vanoggend soos 'n Jona rondgaan en uitroep "bekeer julle!" "bekeer julle!" "draai weg!" "stop!" "hou op!" "wat maak jy?" "keer terug!" "waarmee is jy besig?" "maak vrede!" "sê jy is jammer!" en om hemelsnaam "bekeer jou van jou verkeerde weë!" sodat ons mooie Suid Afrika kan gesond word.

In Jesus Naam bid ek dit.

PS. O ek het nog nie gesê hoekom ek nie vandag swart aantrek nie. Ek dra nie vandag swart nie want ek wil nie getel word onder die swetsende whatsapprondsturende onbekeerde skynheilige huigelaars van hierdie land nie. Daar is dae wat ek regtig wens dat ons krane sal opdroog sodat jy ook kan leer om water te spaar en leer hoe kosbaar dit is. Dit help nie jy dra net jou waswater uit en gooi dit op jou tuin en spoel steeds jou toilette en was jou kar met drinkwater nie. En elke keer as iets verkeerd loop dan word ons gevra om te bid maar jy verdrink in jou sonde en weier om jou te bekeer. Dit is hoekom ek nie saam met jou wil swart aantrek vandag nie.


Monday, August 7, 2017

8 Julie 2017 - Die groot wag vir 'n moontlike diagnose...

Ek het nou al soveel vertwyfeling verval. Is dit dalk die lot van alle ma's met outistiese kinders? Selfblaam. Kon ek dit dalk anders gedoen het? Wat as ek vroeër hulp gesoek het?

Maar ek hét! En ek is net beskuldigings toegesnou oor tuisskool en hoekom en waarom.

En nou. Hiers ek nou. Op die drumpel van 'n diagnose. Die afwagting maak my mal. Ek het nog niks vir Ilze gesê nie.

Al die tekens was daar. Van kleins af.

Ilze het nie veel gehuil nie.
Sy was 'n stil, tevrede, maklike baba.
Eers op 7 maande probeer begin regop sit.
Na 13 maande begin treetjies gee.
Die pediater/dokter het destyds gesê die mylpale sal laat wees omdat sy op 36 weke gebore is.

Maar ek het 'n moeilike swangerskap gehad. Urienweginfeksie op 23 weke het my in volle kraam gesit teen 24 weke en daarna was ek op Adalat en vir 12 weke in die bed. In dieselfde tyd het ma haar eerste beroerte gehad en sussies het verkwalik dat ek nie meer betrokke was by ma se rehabilitasie en help nie maar my eerste prioriteit was my ongebore babadogtertjie.

Sy het eers op 3 jarige ouderdom begin woordjies sê. Ek het ure elke aand met 'n prentjiesboek gesit en die woordjies aangemoedig.

Droomertjie is wat ons haar genoem het. My buite kind. Lief vir diere meer as mense.

Gesukkel om te eet. Die tafelargumente wat ons al gehad het oor kos! Sy vertel nou hoe die kos "smaak verloor het" terwyl sy dit kou en dan kon sy dit nie afgesluk kry nie.

Ilze kon vir ure aaneen op haar eie speel.

Kunstig. Baie kunstig.

Lomp. Geen "ball sense" nie. Sy het haarself onlangs uit haar toonnael uitgeval.

Nooit maatjies gemaak in die kleinskooltjie nie. Altyd afgedwaal. Eenkant. Ogies op die vloer opsoek na akkedis of geitjie se maatjie.

Sy sukkel vandag om haarself in woorde uit te druk. Social cues tel sy glad nie op nie. Idiome neem sy letterlik op.

Maar vir nou is dit die groot wag...








Wednesday, July 12, 2017

My (ons) tafelgediggie - elke aand...






Kom julle! Kom eet.
Ilze kry vir ons messe en vurke.
Dank Hom dank Hom kinders klein
vir die kos en son wat skyn!
Micah: Ek eet nie dai nie.
Anika: Ek wil van alles hê.
Micah! Sit op jou boude.
En eet jou kos. In jou bord.
Nie op die tafeldoek nie.
Emma hou die kos in jou bord wat jy nie wil hê nie.
(moenie dit in mý bord sit nie)
Anika moenie rondloop nie.
Kom sit nou.
Nee jy kan nie nog sap kry nie.
Pappa moenie op die tafeldoek mors nie.
Micah sit op jou stoel en eet oor jou bordjie!
Liza: Ilze eet toemond.
Pappa: Het Minki vandag kos gehad?
Anika kom sit by die tafel.
Micah sit plat en vra net dat iemand jou help.
Pappa: Is daar poeding?
Wie se beurt is dit vir skottelgoed was?
Dank Hom dank Hom kinders klein
vir die kos en son wat skyn!

Dèjávu elke aand.
Hoe klink dit rondom jou etentafel?

Wednesday, July 5, 2017

Emma is 7!















Baie geluk met jou verjaarsdag mamma se engelkind. Ek kan nie glo jy is al sewe jaartjies oud nie. Jy is soos 'n helder sonstraal in ons lewens. Jy is my helpertjie, altyd reg om te help, eerste om hand op te steek. Baie baie baie lief vir jou! 'n Laatlammetjie het darem net die spesiaalste plekkie in 'n mamma hart.

Wednesday, June 14, 2017

Micah se klei sneeuman.





Mamma bewaar dit hier veilig vir jou. Dit is kosbaar fyntjies gemaak. Pragtig!

Tuesday, June 13, 2017

First aid with corn flour aka Maizina.

*This post is not for the fainthearted...

This mommy's nightmare came true. A while ago my neighbor ran into my kitchen holding a crying Anika and there was blood everywhere... it was her face! My pretty girl's face had a laceration just underneath her left eye.

You can click here for the rest of the post...

Tuesday, April 25, 2017

Sunday, April 16, 2017

'n Brief aan my dogter(s)...

*Hierdie skrywe is op 22 Spetember 2014 vir die eerste keer gepost - ek voel vandag 16 April 2017 nog netso!

Jy spot altyd en sê jy het overprotective parents. Dit is nou die reine waarheid so uit die mond van 'n jongeling. En hier, nou, gaan ek probeer om die stroom gedagtes in my kop te omwoord sodat ek kan sin maak uit dit alles.

Toe jy maar sewe jaartjies oud was, aan die einde van jou graad een jaar het die onderwyseres laat weet dat ons met s*ksonderrig by die huis moet begin, aangesien hierdie onderwerp by die skool bespreek gaan word. Ek was totaal geskok en het noodgedwonge voortgegaan om my jonge dogtertjie te vertel van die "blommetjies en die bytjies."

'n Jaar later begin ons met tuisonderrig.

Die sheltering begin.


Is dit verkeerd om ons kinders te beskerm? Te oorbeskerm?

Ilze het verlede jaar tien jaar oud geword. Sy was nog nie 'n dag van haar lewe in 'n skool nie. Totaal ge-"shelter"! Sy het hierdie jaar eers begin vrae vra oor "hoe werk dit" want sy sien wat in die natuur gebeur. En in 'n beskermde omgewing kon haar ek met haar hierdie kosbare oomblikke en inligting deel.


Ek en Pappa het albei beskermd grootgeword. Baie vingers het al teruggewys op ons lewens om te bewys hoe sleg dit eintlik was. Ek en hy het albei direk na skool ons ouerhuise verlaat en die pad heeltemal byster geraak.

Hier is hoekom ek dink ék kop verloor het na skool toe ek onder my Mamma se beskermde vlerk uit is:
  1. Ek het nie die Here geken nie.
  2. Ek wou Hom ook nie eer met my lewe nie.
  3. Dit was 'n groot taboe om oor enige iets soos s*ks of verhoudings te praat in my ouerhuis. 
  4. Daar was nooit enige oop gesprekke in my ouerhuis rondom dwelms of alkohol gebruik nie.
  5. Albei ons ouers het óf self gerook, self te veel gedrink, slegte taal gebruik en/óf openlik hul ongeloof in die Here belei.
Kon ons eie ouers werklik van ons verwag om ons lewens suiwer te hou en die smal pad te loop as hulle ons nie daarvoor voorberei het nie?

Nou is ek en my man die ouers en die voorbeeld.

Wat nou?

Hoe lyk ons lewens en voorbeeld wat ons stel?

Leef ons in dieselfde wêreld as 20 jaar gelede?

Twintig jaar gelede was dit veilig om 'n ses jarige alleen in die strate te laat fietsry en rondloop tot donker. Dit was veilig om te ryloop. Dwelms was nie so vrylik beskikbaar soos vandag nie en Jesus was nog in ons skole. En as ons terugkyk, was dit werklik so veilig as wat ons gedink het? Seker nie.

Vandag is dit 'n perd van 'n ander kleur en ons kinders is reg in die middel van hierdie verwronge geslag sonder waardes en sonder God. Alles is toelaatbaar. Tolleransie is die wagwoord.


Dan kan ek myself ook die vraag vra: Hoekom het God my toevertrou met VYF dogters, as Hy my nie ook toegerus het om hierdie kosbare siele vir Hom groot te maak nie? Hoekom is ék misbruik en my onskuld gesteel en het ek ure omgesit in spreekkamers en terapie, dra ek die letsels as dit nie vir 'n uur soos hierdie is nie?

Ek sal aanhou om julle te beskerm en te oorbeskerm solank as daar asem in hierdie mamma se lyf is.

Ek sal aanhou om elke dag vir julle te bid.

Ek sal aanhou verhoudings bou en aanhou bou en aanhou bou en elke keer as ek afbreek en nie bou nie sal ek verskoning vra en verder bou. En bid. En vertrou.

En dit belowe ek.

En dan, wanneer daardie prins op sy wit perd sy hart vir jou kom bring met 'n ewige belofte van trou, slegs dan sal ek jou laat gaan. Tot dan, is ek verantwoordelik vir jou en sal ek jou beskerm en toevou in my liefde, al voel dit nie elke dag soos liefde nie...

Mamma

Wednesday, March 8, 2017

I am naming and proclaiming it: There is no power in my tongue.

Jonathan* died a horrible death. Our church had a twenty four hour prayer chain going on for weeks before his death. We deliberately spoke life over him. Prophets prophesied. Communion got a whole different meaning. Special oils were brought in to anoint him and everything around him. He died anyway.

I told my friend that she is going to lose her husband and children if she doesn't do something about her drinking problem. She accused me of speaking death over her family. Our friendship is ruined to say the least.

A self proclaimed prophetess prayed over a pregnant friend for a problem free natural birth. She ended up having an emergency c-section.

Do we really have any power in our tongues?

While Lorna* is being cared for by her daughter, excited to meet her King any day now, there are still people walking into her room praying for her for healing, speaking life when she knows that she already had her two years of grace.

She knows what death looks like when you lift the blankets.

The verse that is quoted out of context for this name it and proclaim it faith movement...

"Death and life are in the power of the tongue; and they that love it shall eat the fruit thereof." Proverbs 18:21 KJV

"The tongue has the power of both life and death, and those who love it will eat its fruit." NIV

There is no other reference for this belief in the Bible. But what the Bible does say is...

"For by your words you will be acquitted, and by your words you will be condemned." Matt 12:37

See also James 3:3-12 "The tongue also is a fire, a world of evil among the parts of the body. It corrupts the whole body, sets the whole course of one's life on fire, and is itself set on fire by hell." verse 6

Jesus said "What goes into someone's mouth does not defile them, but what comes out of their mouth, that is what defiles them." Matt 15:11

"...and those who love it will eat its fruit..."

What was Satan's promise to Eve in the garden of Eden? Wasn't it that we will be like God? Gen 3:5

Only God can speak life. It is God that created the heavens and the earth with the power of His words.

"And God said, "Let there be light," and there was light." Gen 1:3

If there were any power of life or death in my words, my children would never get sick or hurt. Jonathan would still be alive today. Lorna would be healed by now. Hospitals would be empty. There would be no death. No hurting. No poverty.

We hurt souls when we pray and prophecy that which we will and want. We bring false hope.

I am not saying that God doesn't heal anymore, or that He cannot heal Lorna in a blink of an eye because He can, only He can. I am living proof that God heals. He healed my soul. He healed me from asthma, cancer, fear and selfishness. He gives us life in abundance. John 10:10

Life in abundance.



Jesus prayed "Our Father in heaven, hallowed be Thy Name, Your kingdom come, Your will be done, on earth as it is in heaven."

Your will be done...

We can have life in abundance even on a death bed, even when we have to sit up at night with a sick child, in sadness and in pain. The life we have in Christ Jesus, can be filled with joy unspeakable, in abundance, everlasting...

I will only pray for God's perfect will to be done...

...and have perfect peace in knowing that He is in control.

Mignon

*Names where respectfully changed.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...