Sunday, December 18, 2016

Aan my beste vriendin.

Ek het jou in 'n drankwinkel ontmoet. Kan mens dit oorvertel? Dit was 'n Saterdagmiddag en Joe stuur my om te gaan Becks koop. Nou sien 'n drankwinkel is nie die plek waar ek in wil raakgeloop word nie. Glad nie. Dit laat my wonder of ek skynheilig is want dis nie 'n sonde om te drink nie maar wel om getrek te raak ja. In elk geval, ek vermy maar die drankwinkel. Maar dis hier waar ek jou ontmoet het. 

Sommer daardieselfde middag kom braai julle by ons en ek leer vir jou ken. Annemarie met die groot hart. Jy het my kom leer wat dit is om 'n regte vriendin te wees met jou boodskappies en whatsappies en altyd uitbundig lag. 



En nou is jy weg. Ek mis jou Annemarietjie. Frans kwyn weg sonder jou.

Ek weet nie hoekom Jesus jou so gou en onverwags moes kom haal het nie. 

Ek sal nooit 'n vriendin kan wees vir enige iemand soos jy vir my was nie. Mag dit my altyd bybly en mag ek altyd streef na jou voorbeeld. 

Lief leef lag was jy. Jy het groot geleef, groot gelief en altyd groot gelag. 

Mis jou ontsettend baie.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...