Monday, March 28, 2016

Seder meal 2016!

Ons het hierdie jaar afgewyk van wat ek nou sal noem ons "ou manier" van dinge doen. Hierdie jaar het ons dit "by the book" gedoen! Hierdie boek: Enjoy Abba's Feasts.



Absoluut feestelik was dit. Ek moet sê die vorige jare se Seder etes was maar redelik formeel van aard. Hierdie jaar was dit 'n groot gelag en geraas aan tafel van ramshorings na Moscar toekennings en die wegsteek en flitslig soektogte na broodjies in elke donker hoekie van my huis.








En ons Moscar toekenning! (Moses Oscar!) Vir die beste memorisering van die 10 plae!

En volgens hierdie avontuurlike boek... is daar nog ses Joodse feeste waarvan ons salig onbewus is. Net omdat iets nie in my kultuur agtergrond is nie, beteken nie ek kan dit maar net ignoreer nie. Hierdie kultuur is per slot van rekening ook my erfenis omdat ek ook nou kind en volk van God is...

Paasfees is feestelik, my hart jubel en ek is bly want my Verlosser LEEF en het OPGESTAAN!

Mignon

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...