Monday, March 28, 2016

Seder meal 2016!

Ons het hierdie jaar afgewyk van wat ek nou sal noem ons "ou manier" van dinge doen. Hierdie jaar het ons dit "by the book" gedoen! Hierdie boek: Enjoy Abba's Feasts.



Absoluut feestelik was dit. Ek moet sê die vorige jare se Seder etes was maar redelik formeel van aard. Hierdie jaar was dit 'n groot gelag en geraas aan tafel van ramshorings na Moscar toekennings en die wegsteek en flitslig soektogte na broodjies in elke donker hoekie van my huis.








En ons Moscar toekenning! (Moses Oscar!) Vir die beste memorisering van die 10 plae!

En volgens hierdie avontuurlike boek... is daar nog ses Joodse feeste waarvan ons salig onbewus is. Net omdat iets nie in my kultuur agtergrond is nie, beteken nie ek kan dit maar net ignoreer nie. Hierdie kultuur is per slot van rekening ook my erfenis omdat ek ook nou kind en volk van God is...

Paasfees is feestelik, my hart jubel en ek is bly want my Verlosser LEEF en het OPGESTAAN!

Mignon

Friday, March 4, 2016

Inspirasie vir Paastyd.


Nooi 'n gesin na jou huis, en deel die verhaal van Paasfees met hulle. 


Hou 'n Seder ete. Vir meer inligting hieroor, kan jy my kontak by
mignonstruwig@gmail.com


Lees die Eksodus verhaal en gebruik saam nagmaal.


Plant jou eie Opstandings tuintjie.



Raak kreatief met die kleingoed.



Maak 'n kruis met twee spykers.


Kliek hier vir hoe om jou eie Seder ete borde te maak!


Hier is die resep vir Opstandingskoekies! En hier is hoe ons dit al gedoen het.


Verkondig die goeie nuus: "Hy het opgestaan"!


Bak jou eie "hot cross buns"!


Sing 'n nuwe lied!


Waarom 'n Seder ete? Ons is mos nie Jode nie sal jy dalk vra...


Daar is net soveel simboliek in die Seder ete! Dit is 'n wonderlike manier om die ware boodskap van
verlossing met ons kinders en vriende te deel.



Die 10 plae van Egipte...



Ek hoop jy kon hier inspirasie vind. Wat gaan jy oor hierdie paastyd doen?
Mignon
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...