Monday, January 25, 2016

Tamaai tamatie oes en 'n heerlike resep!






Na 'n geweldige tamatoe oes hierdie jaar, deur droogte en al, moet ek plan maak met al die heerlike soetertjies! Ek het hierdie resep in 'n spreekkamer afgeskryf, so die bron is onbekend...

1 pakkie Puff pastry onder in 'n gesmeerde tertbak, prik die deeg met 'n vruk. Braai 2 of 3 preie (leeks) in bietjie botter en plaas bo-op die deeg. Krummel een driehoek pakkie bloukaas bo-oor, smeer 100ml eier mayonaise oor die bloukaas, rasper bietjie mozarella oor en pak veertig of meer heel tamatietjies bo-op. Bak teen 180'C vir 30 minute! Geniet met 'n vars somer slaai! (Geen sout, peper of kruie nodig nie)

Dis absoluut heerlik!

Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...