Thursday, January 28, 2016

Polkadraai memories...

Ons eerste aarbei pluk, iewers in Oktober 2008. Ek was ongeveer 6 maande swanger met die tweeling. Liza en Ilze, julle sal hierdie dag altyd onthou. Sien ek was 'n screamer, en hierdie was een van daardie skree dae. Met die wegry van die plasie af, beland daar toe 'n steekvlieg saam met ons in die kombi. Wel ek was nie die enigste een wat geskree het nie. 'n Steekvlieg kan mos nie 'n mens doodsteek nie, maar daardie dag glo my kon hy! Amper die kombi omgekeer. Ai dit is eintlik 'n slegte herindering.






Dit voel soos lank lank gelede...
Mignon

Wednesday, January 27, 2016

Seven wonderful years!

Most of the time I forget that I am raising twins. These two little people differ so much from one another! You are so special and mommy loves you! Happy birthday!






Wednesday, January 20, 2016

Aarbeie tyd!






Ons het sewe jaar gelede vir die eerste keer kom aarbeie pluk! Ek was swanger met die tweeling! Dit voel soos net die ander dag...

(fotos is geneem in Oktober 2015)

Tuesday, January 19, 2016

Hoe om te verhoed dat 'n uitstappie in 'n nagmerrie ontaard. (winkelsentrum veiligheid)

My grootste bang is sekerlik dat ek een van my kinders in 'n groot en besige winkelsentrum verloor, of by 'n besige strand of soos gister, die Akwarium saam met 'n groot groep tuisleerders.

Met 'n vorige Desember vakansie op Struisbaai het Anika weggeraak tussen 'n samedromming van mense op die strand met die jaarlikse Trans Agulhas. Toe ek Joe weer sien was Anika weg. Skoonveld weg! Dis die aakligste gevoel wat ek nie eens wil beskryf nie. Jy soek en soek en jy sien jou kind nêrens nie. Ons kon op daardie oomblik ook nie hardloop en gaan soek nie want ons het nog 4 ander kinders op die strand gehad om oor toesig te hou. Gelukkig het sy self die pad huistoe gekies en gevind want sy is heel rigting bevoeterd en het ons haar veilig by die karavaan gevind.

Van daardie dag af het ons duidelike riglyne wat ons gereeld met die kinders oor gesels en selfs oefen sodat hierdie slegte ondervinding homself nie weer hoef te herhaal nie.





Hier is 'n paar basiese riglyne:

1. As jy wegraak, of jy dink jy is weg, BLY WAAR JY IS, MAMMA SAL JOU KOM SOEK!!!

2. As jy alleen in 'n hysbak beland en die deure gaan toe voor Mamma kan inklim, BLY WAAR JY IS, ry maar saam op en af tot Mamma jou kry. Moenie op 'n ander vloer uitklim nie. BLY WAAR JY IS.

3. As jy dink jy het verdwaal, BLY WAAR JY IS, Mamma sal jou kom soek.

4. Jy moet altyd vir Mamma kan sien. As jy nie vir Mamma kan sien nie, kan Mamma jou ook nie sien nie.

5. Mamma wil ALTYD weet waar jy is!

6. Indien benoud, SKREE, Mamma sal kom!

7. Die Buddy-sisteem: Elke ouer sussie het 'n buddy jonger sussie. Buddies bly bymekaar en stap altyd hand-aan-hand oor 'n straat. Buddies kyk altyd uit vir mekaar! Mamma het gewoonlik ook 'n buddy!

8. Niemand gaan alleen na 'n publieke toilet toe nie. Nooit nie. NOOIT NIE. Onder geen omstandighede nie! Mamma of Pappa of ouer sussie moet altyd saam met jou wees.

Die geheim van enige stel reels is: pas dit konsekwent toe. Gesels gereeld daaroor, veral net voor 'n uitstappie na 'n groot winkelsentrum of besige publieke plek.

Mignon
(En toe gebeur dit toe ook so... Verlede Saterdag raak Micah soek in Tygervallei Sentrum. Ek en Joe draai toe onmiddellik om om haar te gaan soek en dáár staan liefie toe, doodstil, net daar waar ons haar laaste gesien het!!! Prys die Here, dankie Jesus!)
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...