Monday, July 20, 2015

Mosambiek sendingtoer 2015.

Saterdag, 4 Julie...

Ek los 'n siek man in die Kaap. Dit is ysig koud na Worcester en daar is geen uitsig deur die opgewasemde vensters nie. My nuwe Pep Stores sweetpakbroek se een naat is misgestik en met die eerste stop loop ek snaaks-versigtig-vinnig na die eerste badkamer! Gelukkig het Liza 'n ekstra sweetpakbroek byderhand en dankie tog ek pas daarin! Ek sal iewers 'n naald en gare in die hande moet kry.


Liza het beslis by Joe aangesteek en op Beaufort Wes kry ons gelukkig 'n apteek wat tissue soute aanhou. Sy slaap meeste van die tyd en is redelik koorsig. Ons het baie laat die aand eers in Bloemfontein aangekom.

Sondag, 5 Julie...

Lewende Woord gemeente Bloemfontein

Lekker geslaap, uitgeslaap, warm geslaap. My eerste kouewater harewas gehad en sommer die hande droeër gebruik as 'n haardroeër!! Geen stort geriewe gehad nie. Viva vir babywipes!

Ons het ook ons eerste (en laaste) breakdown gehad net buite Kroonstad. Gelukkig het ons twee mechanics aanboord en met 'n geleende clamp het hulle vinnig 'n intercooler pyp reggemak!

En net soos ons wegtrek is daar nog 'n klapgeluid gevolg deur 'n "oh shit!" gil van 'n voortreflike gemeentelid en daar is die hele vergadering uitbundig van die lag. "Sê jammer Pastoor" gevolg deur "jy hoef nie vir my jammer te sê nie" en daar is al die ys gebreek! Dit gaan beslis nog interessant raak op hierdie brok.

(trok + bus = brok)


Maandag, 6 Julie...

Gisteraand was ons eerste aand in tente. Ons het laatnag in Nelspruit aangekom. Wors gebraai en 'n heerlike warm stort gehad. Vandag gaan ons oor die grens. Daar is baie grense in elkeen van ons se lewens om oor te steek. Kultuurgrense, mense grense, persoonlike spasie grense, rasse grense... dis 'n groot dag vir almal van ons.


Nelspruit oggend.


Grens toe...

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...