Thursday, July 2, 2015

2 Slapies oor...


Ek moet sê ek is vrek opgewonde! Daar is nog ongelooflik baie wat gedoen moet word binne die laaste twee dae voor ons moet vertrek. Emma verjaar terwyl ek weg is, so ons moet nog 'n lekker partytjie tussen in inpas, 'n koek bak, laaste aankope doen, hoopvol uitsien na 'n unabridged geboortesertifikaat wat betyds gaan klaar wees, beskuit bak, biblioteek boeke ingee en 'n magdom goed in 'n klein spasie probeer inprop! Liza was teen gisteraand al heel en al ingepak en opgezip!

Ek het vandag 'n paar keer ingepak en uitgepak en weer oor ingepak. Elke keer moes 'n paar items maar waai. Ek bid net die heeltyd vir goeie onderskeiding om te kies wat moet bly en wat moet gly!

En hier is die groep wat nou by Vilanculos is: Fantasties!


Baie opgewonde!
As jy nou weer van my hoor sal dit mobile blogging wees oppad na Moz!
Mooi bly.
Mignon

2 comments:

  1. Geniet elke oomblik! Bid vir julle! xxx

    ReplyDelete
  2. Doe voorzichtig!!! We blijven voor jullie bidden.

    ReplyDelete

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...