Wednesday, July 22, 2015

Vilanculos.

Wednesday, July 8...






Viva!

Ons moes onself eers aan die hoofman van die plaaslike gemeenskap gaan voorstel. Al ons dames moes buig en gaan sit voor hom sonder om oogkontak te maak. Daarna sou hy ons eers met 'n handklap aanvaar. Hierdie kort seremonie het ek en Liza heeltamal gemis want ons het agterna gedrentel met 3 klein kindertjies. Die kleinste, 'n dogtertjie met stukkende broekie het in ons harte gekruip. Sy het my kamera bevoel en bevat, my lyf en my hare ook... Later het sy verdwyn en teruggekeer met 'n handvol vreemde bessies. Opgewonde bied sy vir my daarvan aan en gelukkig sien ek dat sy self een in haar mond rond rol. Wat 'n oomblik. Ek moes haar net eenvoudig vertrou met dit wat sy my aanbied en dit eet. Klein groen suur appel-bessies. Die hoofman het ons vriendelik verwelkom en toestemming gegee om die plaaslike skool te verf. Ons werk lê voor, en die son sit al hoog...

Tuesday, July 21, 2015

Over the border...

Monday, July 6..



Senuweeagtig met geboortesertifikate en paspoorte is ons toe veilig oor die grens die onbekende in. Die geselsies op die brok is skielik stil en almal probeer die nuwe omgewing absorbeer. Armoede. Onklaar huise. Rooi Vodacom mure. Stukkende voertuie oral langs die enigste pad. Lyk my as iets hier breek word hy net hier gelos, geplunder en laat staan om op te roes.



Maputo, die hoofstad van Mosambiek...

'n Bedrywigheid van stalletjies op stalletjies langs die pad en baie taxi's. Dit voel baie soos ons eie land behalwe dat hier geen witmens in sig is nie. Ons het in Afrika aangekom en leer vinnig vriendelik groet in Portugees: "Ola!"





Xai Xai is ons bestemming... 



Dinsdag, 7 Julie...

Ons het oornag by die Honey Pot in Xai Xai. Dis pragtig hier. Ek moet die kinders hierheen bring. My bors was toe deur die nag en ek dink ek het by Liza aangesteek.



Africa slow...
500km na Vilanculos...

Monday, July 20, 2015

Mosambiek sendingtoer 2015.

Saterdag, 4 Julie...

Ek los 'n siek man in die Kaap. Dit is ysig koud na Worcester en daar is geen uitsig deur die opgewasemde vensters nie. My nuwe Pep Stores sweetpakbroek se een naat is misgestik en met die eerste stop loop ek snaaks-versigtig-vinnig na die eerste badkamer! Gelukkig het Liza 'n ekstra sweetpakbroek byderhand en dankie tog ek pas daarin! Ek sal iewers 'n naald en gare in die hande moet kry.


Liza het beslis by Joe aangesteek en op Beaufort Wes kry ons gelukkig 'n apteek wat tissue soute aanhou. Sy slaap meeste van die tyd en is redelik koorsig. Ons het baie laat die aand eers in Bloemfontein aangekom.

Sondag, 5 Julie...

Lewende Woord gemeente Bloemfontein

Lekker geslaap, uitgeslaap, warm geslaap. My eerste kouewater harewas gehad en sommer die hande droeër gebruik as 'n haardroeër!! Geen stort geriewe gehad nie. Viva vir babywipes!

Ons het ook ons eerste (en laaste) breakdown gehad net buite Kroonstad. Gelukkig het ons twee mechanics aanboord en met 'n geleende clamp het hulle vinnig 'n intercooler pyp reggemak!

En net soos ons wegtrek is daar nog 'n klapgeluid gevolg deur 'n "oh shit!" gil van 'n voortreflike gemeentelid en daar is die hele vergadering uitbundig van die lag. "Sê jammer Pastoor" gevolg deur "jy hoef nie vir my jammer te sê nie" en daar is al die ys gebreek! Dit gaan beslis nog interessant raak op hierdie brok.

(trok + bus = brok)


Maandag, 6 Julie...

Gisteraand was ons eerste aand in tente. Ons het laatnag in Nelspruit aangekom. Wors gebraai en 'n heerlike warm stort gehad. Vandag gaan ons oor die grens. Daar is baie grense in elkeen van ons se lewens om oor te steek. Kultuurgrense, mense grense, persoonlike spasie grense, rasse grense... dis 'n groot dag vir almal van ons.


Nelspruit oggend.


Grens toe...

Monday, July 6, 2015

Oppad grens toe...





Ons het in Nelspruit oornag en is nou goed opgelei in tent opslaan en afslaan in rekord tyd. Dis 'n pragtige oggend.

Sent from my BlackBerry® wireless device

Sunday, July 5, 2015

Day 2...






Sent from my BlackBerry® wireless device

Tortelduiwe en die reuk van dennebome.


Look who is five years old today!








'n Selfie!






Baie geluk met jou verjaarsdaggie my liefste!
Vyf jaartjies het verby gevlieg.
Jy is 'n helder liggie in mamma se lewe.
My laatlammetjie-pienk-hasie-melkie-baba-bersie-blommetjie!
Al is ek nie vandag hier om jou daggie te deel nie, ek dink elke oomblik aan jou daar in die verre Mosambiek!

Mamma!
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...