Thursday, June 25, 2015

Forgiveness, the reset button.

Unforgiveness is like taking poison and hoping the other person will die. The only person hurting, is the person that is not forgiving.

When we pray our Lord's prayer "and forgive us our debts, as we forgive our debtors" but we continue to hold on to the wrongs that have been done to us, we are hypocrites!

Forgiveness is not an emotion.

Forgiveness is not an erasion of a memory.

God doesn't have Alzheimer's. He will just never mention our sins again.

Forgiveness has to do with your tongue, not your mind. Never mention it again, never remind the person again of his offense.

Forgiveness is not negotiable. It is a command. Matt 6:14 "For if ye forgive men their trespasses, your heavenly Father will also forgive you."

Forgiveness is a choice. A choice to remain silent. A choice to love instead of hate. A choice to not keep track of the wrongs done to us.

Forgiveness is like pushing the reset button.

We start over.
Sent from my BlackBerry® wireless device

Friday, June 19, 2015

Wat as jý die persoon is wat nou vir die vier honderste keer oortree het, en al wat jy vra is vergifnis...

Ons het teruggekom van 'n heerlike wegbreekkans op ons gunsteling kusdorpie. Vroeg oggend begin oppak inpak en skoonmaak. Ontbyt was maar skraps en teen 10 uur was almal alweer eterig. Ons het die aas in tannie Heléda se vrieskas vergeet en moes omdraai. Ons kon nie verby die Wimpy ry sonder om te stop nie. Dis al deel van die Struwig kultuur. Ag tog ek wil nie verskonings maak nie, maar dit was ons groot oortreding op dié noodlottige Sondag. Skuldig is ons wel, maar dit was wrintiewaar nie aspris nie.

Ons het laat opgedaag vir Sondagmiddagete. 'n NEGENTIG minute laat!

Die Sondagmiddagete wat spesiaal beplan was vir Joe se verjaarsdag. Die datum was mooitjies twee keer geskuif. Ha! en toe wens niemand hom eers geluk toe hy uiteindelik regtig verjaar nie! Maar nou hardloop ek die storie vooruit.


Toe ons oor Sir Lowry's pas ry toe gaan staan die verkeer bot stil. Ek stuur 'n tweede sms vir Pa en sê dat ons beslis laat gaan wees. Hulle kan maar solank begin eet want ons weet swaer is 'n diabeet. Pa sê ons moet nie jaag nie en veilig ry als is reg.

Maar als was gin niks reg toe ons half twee daar aankom nie.

Met die intrapslag het ek gevoel om eerder om te draai en weg te hardloop. Niemand het opgestaan om ons te groet nie want hulle was alreeds halfpad deur hul ete. Net my Ingelse swaer het byna oor die tafel geval van vriendelikheid om ons te groet. Nog nooit het ek so onwelkom in my eie ouerhuis gevoel nie. Nie dat ek dit meer 'n ouerhuis kan noem nie want ek het nie eens geweet waar om te begin soek vir 'n koeldrankglas nie.

Laataand toe kom die whatsappies deur.

Dit het my meer as 24 uur gevat om af te koel dáároor.

Dinsdag toe bel ek om omverskoning te vra en te sê dat ek jammer is. Seker maar dieselfde ding. Toe word my kop eers weer gewas oor hoe ongerieflik ja ongerieflik was die woord wat sy gebruik het ons dit vir almal gemaak het. Sjoe het ek gewonder het julle dan nie ten minste lekker saam gekuier voor ons daar aangekom het nie??

En toe ek anderdag weer bel toe is almal nog netso onvriendlik. Ongenadiglik. Genade! Wat moet 'n mens dan nou doen? 'n Blogpost skryf!?

Hoekom is dit so dat wanneer mens al jou moed bymekaarskraap om 'n telefoon op te tel, jouself te verneder en te sê jy is jammer, dat jou neus eers weer in die gemors gevryf moet word? Ek sê mos dan nou ek is jammer.

Ek is regtig jammer.



Die dag het nou ongelukkig vir my aangebreek waar ek nou genoeg gesê het ek is jammer. Want die 70 maal 7 keer se vergifnis is nie vir my beskore nie.

Daar is niks slegter as om verskoning te vra en nie verskoon te word nie. Om jammer te sê en nie vergewe te word nie. Dis soos 'n ding wat aan jou binneste vreet. Ek weet jy is nog kwaad vir my. Ek weet alles is nie wel nie.

Lê die fout by my? Is EK dalk die een wat moet vergewe? Omdat JY nie vergewe nie?

Omdat jy met haat en gif en wrokke rondloop. Ek wil nie dit vir myself hê nie. Of vir my kinders so 'n voorbeeld wees nie.

"As julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle oortredinge ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie sal jul Vader jul oortredinge ook nie vergewe nie". Bergpreek. Hierdie woorde het ek al oor en oor gememoriseer.

Maar Here wat as hulle my nie vergewe nie? Moet ek hulle dan dáárvoor vergewe?

Dit is juis dit.

Ek moet steeds vergewe.

Sewentig maal sewe keer.

Ek vergewe.

Vier honderd en een...

Ek vergewe.

Vier honderd en twee...

Ek moet.
Vir my eie vergifnis.

Dit maak eintlik nie saak of hulle mý vergewe het of nie, al wat saakmaak is dat ek hulle vergewe en dat ek met 'n skoon gewete voor God kan staan.

Daarom KIES ek om te vergewe.

En dit maak my vry.
Mignon

Thursday, June 18, 2015

Vir elke daggie wat mamma gaan weg wees...


Vandag het ek begin om ons "wurm" te maak. Een segment vir elke dag wat ek gaan weg wees van die huis. Elke pakkie het 'n briefie en 'n lekkergoed ding in, en iewers 'n love letter vir my Bokka!

16 slapies voor ons vertrek na Mosambiek!

Sent from my BlackBerry® wireless device

Tuesday, June 16, 2015

Elisabeth Elliot - The Remade Mind



Elisabeth Elliot (née Howard; born December 21, 1926) is a Christian author and speaker. Her first husband, Jim Elliot, was killed in 1956 while attempting to make missionary contact with the Auca (now known as Huaorani) of eastern Ecuador. She later spent two years as a missionary to the tribe members who killed her husband. Returning to the United States after many years in South America, she became widely known as the author of over twenty books and as a speaker in constant demand. Elliot toured the country, sharing her knowledge and experience, well into her seventies.

Wednesday, June 10, 2015

24 dae voor ons vertrek.


Met my bo-arms eina na vele inentings moet ek erken dat opgewondenheid die plek begin inneem van somberheid. Daar is 'n hopie met rugsak, slaapsak, eetgery, reenjas en probiotics wat besig is om te versamel in my slaapkamer. Ek sal nog 'n keer Binnelandse sake moet gaan aandurf oor 'n geboortesertifikaat!

Die voorbereidings om so weg te gaan die vreemde in is een ding, maar ek het nog nie naastenby besef wat die voorbereidings alles gaan wees om klein mensies hier agter te laat nie.

Sent from my BlackBerry® wireless device

Monday, June 8, 2015

Kinderpraatjies


Emma kom vra vir my: "Mamma ek soek van daai... hm... wat dit nou weer? Daai koppienon nanies."

Sent from my BlackBerry® wireless device

Tuesday, June 2, 2015

Port Elizabeth.

Dit is die eerste keer in meer as 16 jaar dat ek van die huis af weggaan. Joe het vroeër die week gevlieg en ek moes op my eie 'n vlug haal. Kinders se versorging was gereel, al die noodnommers teen die muur opgeplak, die Leviete voorgelees.









Ek gryp die kamera en los die selfoon, gee die sleutels in by ontvangs, en stap staataf... Die gedagte het vir 'n oomblik by my opgekom wat maak jy alleen op 'n vreemde dorp in 'n vreemde provinsie sonder selfoon sonder beursie oppad staataf... 

Vir 'n oomblik vry. Vir 'n oomblik niemand. Net ek.

Lukas 9:2-3 "En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak en vir hulle gesê: Neem niks vir die pad nie, geen stokke of reissak of brood of geld nie, en geenen van julle moet twee kledingstukke hê nie."

Totaal afhanklik. Oorgegee. 
Mignon

Monday, June 1, 2015

Vir die rekord: Ek wil nie Mosambiek toe gaan nie.

So maand of wat gelede kondig hulle na dien diens aan dat enige belangstellendes hul name kan gaan opgee vir die volgende sendinguitreik na Mosambiek. Voor ek my oë kon uitvee toe sê Joe dat ek en Liza ons name op die lys moet gaan sit. Liza was 2 jaar gelede saam met ons kerk Mosambiek toe. Sy was maar skaars 14.

Ek wou nog keer en koes... dankbaar vir die geleentheid... Maar as jy nou enigsins enige iets van my af weet sal jy deeglik bewus wees daarvan dat ek maar 'n huishoender is. 'n Baie gemaklike huishoender.

Tussen my en jou: Ek wil nie Mosambiek toe gaan nie. Ek wil nie my kinders by die huis los nie. Ek het vreemde eetgewoontes. Ek wil nie dalkies op die vloer slaap nie. My stuitjie raak seer van te lank sit en ons gaan altesaam 6 dae op 'n bus deurbring. Ek geniet die gemak van my eie badkamer, warmwater en 'n spoel toilet. Regtig. Ek wil nie so ver vir so lank van my huis af weggaan nie. Ek is eintlik 'n introvert. My hare kroes en krul sonder 'n haardroeër! My gemakzone is baie gemaklik.


Ek bid. Baie. Die Here antwoord net met jy is hardkoppig en gaan en loop is al wat ek kan raaklees in my Bybel. Niks van bly nie. Het ek tot nou toe getalm om aansoek te gaan doen vir my paspoort? En voila! Dis gedoen! My paspoort gaan om als te kroon nog binne 2 tot 3 weke BETYDS gereed wees!

Lyk my daar is geen omdraai kans nie...

Kliek hier van toe Liza haar eie Moz ervaring gehad en gelief het!

Wat as ek verlief raak en my hart verloor op hierdie plek soos Liza het...
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...