Wednesday, May 27, 2015

Kinderpraatjies

Ek maak vir Liza saggies wakker. Ek weet haar bedliggie was heelnag aan.
Ek sien ook dat die boek wat sy gister by die biblioteek uitgeneem het, se trillion dollar boekmerk verby sewe agstes van die boek is...

"Jy is 'n ware Spreuke 31 vrou wie se liggie nie in die nag uitgaan nie."

Ek weet sy slaap meeste nagte met haar liggie aan, baie keer van lees, soms van bang.

Sy glimlag en antwoord: "Maar dan is daar mos niks fout daarmee om met jou lig aan te slaap nie!"

Ek skat daar is niks fout daarmee nie my jonge Spreuke 31 meisie.

Sien vers 18...
Sent from my BlackBerry® wireless device

Monday, May 25, 2015

Ilze se doop.

Matthéüs 28:19 "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle..."

Handelinge 2:38 "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."

Romeine 6:4 "Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel."

Handeling 2:41 "Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop..."

1 Petrus 3:21 "...die doop, ons nou ook red..."

Markus 16:16 "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word."





Ilze is gedoop op 9 Maart 2015, en so spesiaal want haar eie pappa kon haar doop. Sy het reeds in 2009 al tot bekering gekom. Ons het gewag tot sy 'n hartsbegeerte ontwikkel om gedoop te word, en tot sy hierdie groot gebeurtenis werklik kon verstaan. Die doop is 'n uiterlike getuienis is van wat in haar hart gebeur het. 'n Getuienis van haar bekering. Die afsterwe en watergraf van 'n sondaar, en die opstanding van 'n nuwe lewe in Christus.

Mamma en Pappa is so trots op jou dat jy hierdie groot stap van geloof geneem het. Dit neem grootmense soms jare en jare om tot by hierdie belsuit te kom, en eintlik is dit net 'n stap van gehoorsaamheid. Jesus het vir ons die voorbeeld gestel en ons volg in Sy voetspore. (Matt 3:13-17)

Mignon

A 15-Year-Old's Amazing Conversion

Saturday, May 9, 2015

Kinderpraatjies


Micah s^e vanoggend vir Emma: "Bly net bietjie stil voor ek my mind verloor." Lekker lag ek nou.

Mag jy 'n heerlike amper-winters naweek geniet!


Sent from my BlackBerry® wireless device

Wednesday, May 6, 2015

Monday, May 4, 2015

Kyk hoe mooi blom Ma Stella in my tuin vanoggend!


Baie baie jare gelede het Ma vir my van haar irisse gegee. Ek moet bieg dat hulle nog nooit werklik mooi geblom het nie, maar deur droogtes en vergeet om nat te spuit het hulle altyd oorleef. 'n Klein rukkie terug het ek van die irisse geskuif en meer gereeld begin water gee en voila!

Wys jou wat bietjie water en goeie grond kan doen!
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...