Wednesday, April 8, 2015

Vandag skryf ek nie in paragrawe nie.

1. Niks meer ernstig vir die Avokadopeerboomblog nie. Niks meer nie. Net mooi niks. Ek sien as ek oor dit en dat skryf dan gaan als sommer soos dit en dat. Raak ek ernstig en skryf oor iets soos verhoudings, boeta! dan spat die vonke in my eie huis. So van hier af vorentoe: alles wat mal is, en alles wat nie belangrik is nie.


2. Ons seder ete hierdie jaar was voorwaar die kosbaarste sover! Ek het die kans aangegryp om mooitjies my lyf Maria te hou en heelaand gesit en luister na elke kosbare storie wat oom Swannie en tannie Cecile vertel het. Dankie Liza vir jou regstaan met 'n koffietjie in hierdie kosbare ure. 





3. Saterdag vra ek vir Ilze of sy dan nog nooit by Ratanga Junction was nie. 11 jaar oud en sy woon in die Kaap en wat 'n skande dat sy nog nooit daar was nie! Toe die hekke 10h00 oopmak was ons daar en ons almal het gery en baljaar tot toesluit- en oppaktyd! Dit alles vir 'n ander blog inskrywing. So jy sal maar weer moet kom inloer.


4. Ai en hoekom mense verhoudings en die lewe so gekompliseerd moet maak weet ek nie. Issues. Mense het issues. Ongelooflik! (Ek moes dit net van my hart af kry.)

5. My groentetuin lyk nou al meer na iets soos 'n groenteboskasie! Te mooi!


Sommerso. Net nuus oor dit en dat.
Mignon

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...