Wednesday, April 29, 2015

What is better than loadshedding in Bellville?



Loadshedding in Agulhas!!!

Sent from my BlackBerry® wireless device

Rest.








This house feels like home. Die bekendheid daarvan is soos 'n oop-arm verwelkoming.

Dankie tannie Heleda!

Sent from my BlackBerry® wireless device

Friday, April 24, 2015

Kinderpraatjies

Gisteraand aan tafel verklaar Micah dat sy eendag tien kinders wil he^, en sy wys met altwee handjies tien vingertjies in die lug. Sy voeg daarby dat ons net moet weet dit hulle almal tweelinge gaan wees. Vyf dogtertjies en vyf seuntjies. (Ek is in my skik met haar wiskunde vaardighede.) Anika antwoord haar met verbasing: "Micah! Dit gaan vlek baie werk wees!"

Kosbaar.

Sent from my BlackBerry® wireless device

Sunday, April 19, 2015

Every mother is unique!

Kinderpraatjies.

Micah wil weet hoekom sy nie die bacon se vet kan eet nie en Anika antwoord: "As jy daai goed eet gaan jy siek word dan moet ons jou tannie dokter toe vat en dit gaan vlek seer wees."
Sent from my BlackBerry® wireless device

Wednesday, April 15, 2015

True words...

"...God's initial goal for Christian homeschooling families is not the raising of godly children. Instead, God's wonderful, but subtly hidden agenda is that the homeschooling experience be so challenging for the parents that they feel the need and hunger for a closer walk with their heavenly Father.(Kyle Miller) 


Friday, April 10, 2015

Tamatieplante en kinders!



Iewers het iemand het vir my gese^ dat ek my tamaties nie in 'n ry moet plant nie. Dit is seker dieselfde met kinders. Ons moet hulle ook nie in 'n rytjie plant nie, anders groei hulle nie soos hulle moet nie. Hier beleef ek dit nou eerstehands. Die tamatieplante wat ek sommerso geplant het, groei te pragtig. Die tamaties teen die muur, in 'n ry, sukkel sukkel vreeslik. Gedurig moet ek die tamaties ophelp en opbind want hulle wil net net handuitruk! Dieselfde maar met die kindertjies...

Sent from my BlackBerry® wireless device

Wednesday, April 8, 2015

Vandag skryf ek nie in paragrawe nie.

1. Niks meer ernstig vir die Avokadopeerboomblog nie. Niks meer nie. Net mooi niks. Ek sien as ek oor dit en dat skryf dan gaan als sommer soos dit en dat. Raak ek ernstig en skryf oor iets soos verhoudings, boeta! dan spat die vonke in my eie huis. So van hier af vorentoe: alles wat mal is, en alles wat nie belangrik is nie.


2. Ons seder ete hierdie jaar was voorwaar die kosbaarste sover! Ek het die kans aangegryp om mooitjies my lyf Maria te hou en heelaand gesit en luister na elke kosbare storie wat oom Swannie en tannie Cecile vertel het. Dankie Liza vir jou regstaan met 'n koffietjie in hierdie kosbare ure. 





3. Saterdag vra ek vir Ilze of sy dan nog nooit by Ratanga Junction was nie. 11 jaar oud en sy woon in die Kaap en wat 'n skande dat sy nog nooit daar was nie! Toe die hekke 10h00 oopmak was ons daar en ons almal het gery en baljaar tot toesluit- en oppaktyd! Dit alles vir 'n ander blog inskrywing. So jy sal maar weer moet kom inloer.


4. Ai en hoekom mense verhoudings en die lewe so gekompliseerd moet maak weet ek nie. Issues. Mense het issues. Ongelooflik! (Ek moes dit net van my hart af kry.)

5. My groentetuin lyk nou al meer na iets soos 'n groenteboskasie! Te mooi!


Sommerso. Net nuus oor dit en dat.
Mignon

Popcorn en jellybeans!


As mens rooi jellybeans in jou hare het met slaaptyd, het jy sekerlik 'n lekker daggie gehad! En Emma antwoord "dan droom ek sommer van jellybeans vanaand!"

Hier is 'n resep wat ek net moet wegsit vir 'n ander dag...


Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...