Sunday, March 29, 2015

'n Brief aan die Kerk


Toe vra Ilze vir Ellen: Wat was die een ding wat iemand gedoen het? Wat was die een ding wat iemand gedoen het wat jou deur dit alles gehelp het, positief gehou het? Sodat ons kan weet wat om te doen.

Sodat ons iemand anders kan help.

Wat is dit wat die Kerk kan doen?

Wat was daardie één ding wat ons nie gedoen het nie wat ons wel kan doen.

Wat kon ons doen om te help?

Wat het iemand gedoen om te help?

Sy was vir 'n lang ruk stil.

Stilte...

Vir 'n lang ruk het sy gesit en gedink. Regtig gedink.

En toe haar antwoord: "Daar was niks. Niemand."

Niemand.

My hart breek oop.

Hoeveelkeer het ek al anderkant toe gekyk?
Gaan ons aanhou anderkant toe kyk?
Sodat daar niemand is nie?

Niemand wat omgee nie?

Liewe Kerk van Bellville Brackenfell Durbanville Parow Kuilsrivier Goodwood,
Gaan jy opstaan saam met my
oë wawyd oop,
oplettend,
en stadig 
stadig gaan ons ons lewenspaadjie stap
(net daar waar ons is)
wawyd wakker en luister,
luister as mense praat.
Luister.
Betrokke raak.
En help.
Met watookal ons het.
Ons tyd
ons geld
ons voete
ons hande,

Is hierdie ook jou gebed?

Mignon
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...