Thursday, March 26, 2015

21 days on the Daniel fast.

Dag 1: Ek het eers 12h00 begin vas. Ek het net nie kans gesien vir 'n oggend sonder koffie nie. Koffie was al wat my aan die gang kry soggens. Gedurende die Desember vakansie het ek agtergekom net hóé verslaaf ek aan koffie was. Ek kan dan nie eens bed toe gaan saans sonder my koppie decaf nie.

Dag 2: Ek begin bietjie olik voel.

Dag 4: Ek wil dood! My kop is so seer en ek weet 'n Ponado gaan niks help nie. Ek drink warm water met suurlemoen net om die "warm" gevoel van koffie in my keel te ervaar! Ernstige koffie onttrekking!!!


Dag 6: Ek begin beter voel

Dag 15: Ek voel fantasties! My gewig kom mooi af, my vel lyk beter en 'n lastige aambei het verdwyn!



Dag 20: ek oorweeg dit om vol te hou met my nuwe eetgewoontes. Ek kan onmoontlik nie teruggaan en eet soos wat ek geëet het nie.

Vir die beste resepte idees: www.ultimatedanielfast.com is die plek om te wees!

Dag 22: 5 kilogram af en ek gaan deurdruk na 40 dae! Niemand moet ooit weer vir my vertel piesangs laat jou gewig optel nie...


Dag 30: Tofu is heerlik! My koffiegevlekte tande is spierwit.





Dag 40 het toe uiteindelik aangebreek en raai wat, ek wil nog nie ophou nie, maar ek mis fetakaas en yogurt.

Dag 41: My vriendin begin vandag met haar eie 40 dae vas. Dit is vandag presies 40 dae tot Goeie Vrydag. Dit gee my moed om aan te hou.

Dag 60: Ek het toe nie volgehou nie... Ek geniet weer vreeslik my koffietjies, en eet so nou dan hoender. Ek moet sê hoender is heeltemal overrated! Dit is eintlik heel smaakloos. Ek is beslis eier intolerant. Te veel brood mors beslis met my ingewande! Kaas is ook nie so lekker soos ek dit onthou nie. En die slegte nuus is ek het weer 2 kilogram opgetel. Alweer! Ai jai jai. Dis 'n stryd.

Hoe maklik is dit nie tog om terug te keer na slegte gewoontes nie, en hoe moeilik is dit nie om te bly by die goeie nie. Laat my dink aan daardie wyse woorde van die Apostel Paulus: Romeine 7:15 "...want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek..."

Soos die laat aand vreetkoors nibbels. My ondergang!

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...