Sunday, March 29, 2015

'n Brief aan die Kerk


Toe vra Ilze vir Ellen: Wat was die een ding wat iemand gedoen het? Wat was die een ding wat iemand gedoen het wat jou deur dit alles gehelp het, positief gehou het? Sodat ons kan weet wat om te doen.

Sodat ons iemand anders kan help.

Wat is dit wat die Kerk kan doen?

Wat was daardie één ding wat ons nie gedoen het nie wat ons wel kan doen.

Wat kon ons doen om te help?

Wat het iemand gedoen om te help?

Sy was vir 'n lang ruk stil.

Stilte...

Vir 'n lang ruk het sy gesit en gedink. Regtig gedink.

En toe haar antwoord: "Daar was niks. Niemand."

Niemand.

My hart breek oop.

Hoeveelkeer het ek al anderkant toe gekyk?
Gaan ons aanhou anderkant toe kyk?
Sodat daar niemand is nie?

Niemand wat omgee nie?

Liewe Kerk van Bellville Brackenfell Durbanville Parow Kuilsrivier Goodwood,
Gaan jy opstaan saam met my
oë wawyd oop,
oplettend,
en stadig 
stadig gaan ons ons lewenspaadjie stap
(net daar waar ons is)
wawyd wakker en luister,
luister as mense praat.
Luister.
Betrokke raak.
En help.
Met watookal ons het.
Ons tyd
ons geld
ons voete
ons hande,

Is hierdie ook jou gebed?

Mignon

Friday, March 27, 2015

'n Wafferse groentetuin!

Dit is amper die hoogtepunt van my dag: om vroeg oggend uit te glip na my groentetuin met kamera of selfoon byderhand. Blare inspeksie 101. Ander oggend het ek wraggies waar 'n klompie piepklein wurmpies betrap! Gelukkig ek kon gou genoeg die nodige giffies spuit.




Trotse groenvingers!

Thursday, March 26, 2015

21 days on the Daniel fast.

Dag 1: Ek het eers 12h00 begin vas. Ek het net nie kans gesien vir 'n oggend sonder koffie nie. Koffie was al wat my aan die gang kry soggens. Gedurende die Desember vakansie het ek agtergekom net hóé verslaaf ek aan koffie was. Ek kan dan nie eens bed toe gaan saans sonder my koppie decaf nie.

Dag 2: Ek begin bietjie olik voel.

Dag 4: Ek wil dood! My kop is so seer en ek weet 'n Ponado gaan niks help nie. Ek drink warm water met suurlemoen net om die "warm" gevoel van koffie in my keel te ervaar! Ernstige koffie onttrekking!!!


Dag 6: Ek begin beter voel

Dag 15: Ek voel fantasties! My gewig kom mooi af, my vel lyk beter en 'n lastige aambei het verdwyn!



Dag 20: ek oorweeg dit om vol te hou met my nuwe eetgewoontes. Ek kan onmoontlik nie teruggaan en eet soos wat ek geëet het nie.

Vir die beste resepte idees: www.ultimatedanielfast.com is die plek om te wees!

Dag 22: 5 kilogram af en ek gaan deurdruk na 40 dae! Niemand moet ooit weer vir my vertel piesangs laat jou gewig optel nie...


Dag 30: Tofu is heerlik! My koffiegevlekte tande is spierwit.





Dag 40 het toe uiteindelik aangebreek en raai wat, ek wil nog nie ophou nie, maar ek mis fetakaas en yogurt.

Dag 41: My vriendin begin vandag met haar eie 40 dae vas. Dit is vandag presies 40 dae tot Goeie Vrydag. Dit gee my moed om aan te hou.

Dag 60: Ek het toe nie volgehou nie... Ek geniet weer vreeslik my koffietjies, en eet so nou dan hoender. Ek moet sê hoender is heeltemal overrated! Dit is eintlik heel smaakloos. Ek is beslis eier intolerant. Te veel brood mors beslis met my ingewande! Kaas is ook nie so lekker soos ek dit onthou nie. En die slegte nuus is ek het weer 2 kilogram opgetel. Alweer! Ai jai jai. Dis 'n stryd.

Hoe maklik is dit nie tog om terug te keer na slegte gewoontes nie, en hoe moeilik is dit nie om te bly by die goeie nie. Laat my dink aan daardie wyse woorde van die Apostel Paulus: Romeine 7:15 "...want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek..."

Soos die laat aand vreetkoors nibbels. My ondergang!

Wednesday, March 25, 2015

'n Groentetuin? Wag maar en kyk...


Dit is die einste stukkie aarde waar ons hoenders verlede jaar so baljaar het al my gras uitgeskrop het! Dit is hier waar ek nou probeer groente kweek. Nie die sonnigste hoekie van my tuin nie, maar nie te min ek probeer. Ek wag hoopvol...


Komkommer.

Klein tamaties.

Ek dink dis blomkool.
Mignon
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...