Tuesday, January 27, 2015

Kyk net wie is vandag 6 jaar oud?

Kyk net wie is vandag 6 jaar oud?


Ek sal nooit die gevoel vergeet van daardie eerste oomblik dat ek twee babatjies in die teater hoor huil het nie!! Twee babas! En wat 'n seën om daardie twee lyfies vas te gehou het daardie eerste keer.

MICAH
"Wie is daar soos God?"












ANIKA
Genade en guns












Baie geluk Micah en Anika! Daar is sekerlik geen grooter plesier in die lewe as om een van 'n tweeling te wees nie. Ons enkelinge kan maar net toekyk en sal nooit werlik verstaan nie. 

Micah en Anika!
Tweeling grootmak is feestelik!
Mamma

Wednesday, January 21, 2015

2015! Wag 'n bietjie...

Hallo blog! Die jaar het eintlik so rustig begin, maar ewe skielik moet ek net vashou en vasklou want als is alweer aan die gang.

As jy reg kan onthou het ek die laaste paar jare name gegee, soos nuwe babatjies. Elke nuwe jaar 'n nuwe naam, elke keer met 'n nuwe uitdaging.


2012 was die jaar wat ek die moeilike dinge wou aanpak. Ek wou minder terugstaan en eerder die moeilike dinge doen.

2013 was my genade jaar. 'n Bietjie meer genade met myself en die mense om my. 'n Bietjie meer vergifnis vir myself en die mense om my. Grace.

2014 was my jaar van liefde. Meer liefde vir my naaste sodat ek die Evangelie met ander sou deel, en wat 'n jaar was dit nie! Way of the Master en al die wonderlike mense wat ek deur die kursus ontmoet het!

En vir 2015... net drie lettertjies... w - a - g.

Wag.

Dit is nie 'n woord wat enige iemand ooit wil hoor nie. Ek moet hierdie woordjie seker honderd keer op 'n dag vir my kinders sê! "Wag 'n bietjie!" "Wag net! Mamma het net twee hande!"

Vroeër die jaar moes ek sit en wag in 'n spreekkamer vir sonar en mammogram uitslae. Nie 'n lekker wag nie, maar toe die uitslae uiteindelik daar is was ek verlig en dankbaar.

Om te kan wag verg geduld, maar 2015 gaan nie die jaar van geduld wees nie, maar die jaar van wag. Rustig wag, op die Here. Wag op Sy perfekte voorsiening, Sy perfekte tydsberekening.

Ek dink om te kan wag is iets wat aangeleer moet word. Net soos die kinders moet leer om te kan wag, so moet ons ook leer om te wag. Wag op die Here om gebed te beantwoord, wag op Sy voorsiening.

Want dit sal perfek wees!

Jesaja 40:31 "maar die wat wag op die Here, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie."

Vandag staan ek in die ry by die Verkeersdepartement. O wee! Eers was die krag af, toe moet ek omdraai en maar ander draaie gaan ry. Toe is ek terug en toe is die kopieermasjien stukkend en die klerk moet vir elke fotokopie 'n stel trappe op en af klim en almal moet WAG.

Wag moet jy maar wag of jy nou geduld het of nie.

Wag kan jy vir jouself aangenam óf onaangenaam en ongeduldig maak.

Wag jy saam met my op 'n perfekte 2015?
Wat gaan jy 2015 noem?

Mignon

Thursday, January 1, 2015

Christmas 2014

En die wind die waai op Struisbaai...









Hulle sê as jy Kersdag op Struisbaai kon oorleef, wat die wind en die reen aanbetref, dan het jy Struisbaai op sy slegste beleef, en oorleef! Viva!
Sent from my BlackBerry® wireless device
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...