Sunday, December 14, 2014

Glo jy? Of gaan jy net deur die "motions"?


John Wesley is gebore in 1703. Hy word groot in 'n streng Christen huis. Teen die ouderdom van 24 staan John in die bediening, lei hy 'n Bybelstudie klub, hy preek en hou dienste; vas twee maal per week, en op 30 word hy 'n sendeling na die Amerikas in die "hoop om sy eie siel te red". John het geweet sy redding was bloot kopkennis, slegs dinge wat hy "geweet" het. "Geloof" het hom ontbreek.

Eers in 1738 kom John tot bekering. Hy het in die bediening gestaan as Predikant en Sendeling VOORDAT hy tot bekering gekom het.

Nou moet ek en jy mekaar die vraag vra: Is ons werklik GERED? Kan jy getuig van 'n bekering? Of is jou geloog net bloot "kopkennis"? Ken jy die Here Jesus as jou persoonlike Verlosser? Of gaan ek en jy net deur die rituele van Christenskap: kerk toe bid en Bybel lees? Het jy 'n VERHOUDING met die Een Lewende God? Kan jy se^ dat jy werklik kan RUS in die wete dat jou sonde VERGEWE is?

www.NeedGod.com

Na die bekering van John Wesley, preek hy meer as 40 000 preke in die laaste 50 jaar van sy lewe!
Sent from my BlackBerry® wireless device

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...