Tuesday, December 30, 2014

Vakansie murmurerings.


Ek staan en murmureer voor 'n pan warm olie. "Kry mens dan geen rus nie? Almal doen wat hulle wil doen! Vakansie!? Daars nie so iets vir my nie.." En so kla ek by myself. As ek verder in die emosies kom swem sou ek seker 'n traan kon uitkry ook!

So tussendeur deur die ryskoekies bak, wat ek weet die kinders dol op is, besef ek: wat is 'n vakansie sonder 'n mamma? 'n Mamma kan jou vakansie of maak of breek. Ek sien dit hier langsaan: 'n ma wat dikbek rondloop en skel en vloek en skree op haar b**se raasbekke. 'n Pappa wat al vroegdag dop skink en saam met die bure kuier.

Wat is 'n vakansie sonder 'n mamma wat jou gunsteling ryskoekies bak, die seesand uit jou hare was, die wasgoed op datum hou en 'n pappa om saggies jou rug te krap met slapenstyd. Vakansies gaan eintlik nie meer oor ek en jou nie, maar dit is vir die kinders! Hulle geniet die tentslapery en see toe gaan en surf en vroeg opstaan vir laagwater. Wat help 'n ou Martie-houding jou tog? Jy maak net almal om jou ongelukkig...

Vakansies is kindertyd! Bederftyd! Want volgende jaar is dit net boeke en somme en lees en skryf!

Sent from my BlackBerry® wireless device

Sunday, December 21, 2014

Laagwater saam met die Professor.












Vroeg opgestaan om die uitstappie mee te maak met die Engelse Professor. Dit was ook die eerste keer dat ek dit so ver die see in gewaag het met laagwater. Hoe dieper en verder 'n mens met die rotslaag gestap het, hoe meer seelewe het daar sigbaar geword. Professor het aan die begin van sy lesing bietjie van "adaptation" gepraat, maar later kon hy homself nie help om die wonderlike woord "design" te gebruik nie. Hoe kosbaar is elke diertjie en plantjie geskape, elkeen met sy spesifieke doel. En hier, spesifiek ontwerp om ons aarde "skoon te maak"!
Sent from my BlackBerry® wireless device

Monday, December 15, 2014

Sunday, December 14, 2014

Glo jy? Of gaan jy net deur die "motions"?


John Wesley is gebore in 1703. Hy word groot in 'n streng Christen huis. Teen die ouderdom van 24 staan John in die bediening, lei hy 'n Bybelstudie klub, hy preek en hou dienste; vas twee maal per week, en op 30 word hy 'n sendeling na die Amerikas in die "hoop om sy eie siel te red". John het geweet sy redding was bloot kopkennis, slegs dinge wat hy "geweet" het. "Geloof" het hom ontbreek.

Eers in 1738 kom John tot bekering. Hy het in die bediening gestaan as Predikant en Sendeling VOORDAT hy tot bekering gekom het.

Nou moet ek en jy mekaar die vraag vra: Is ons werklik GERED? Kan jy getuig van 'n bekering? Of is jou geloog net bloot "kopkennis"? Ken jy die Here Jesus as jou persoonlike Verlosser? Of gaan ek en jy net deur die rituele van Christenskap: kerk toe bid en Bybel lees? Het jy 'n VERHOUDING met die Een Lewende God? Kan jy se^ dat jy werklik kan RUS in die wete dat jou sonde VERGEWE is?

www.NeedGod.com

Na die bekering van John Wesley, preek hy meer as 40 000 preke in die laaste 50 jaar van sy lewe!
Sent from my BlackBerry® wireless device

Saturday, December 13, 2014

Femininity and the Bible - part 5


"Of beauty vain, of virtue void,
What art thou in the sight of God?
A slave to every base desire,
A creature wallowing in the mire.
Go, gaudy pageant of a day, 
Thy folly, with thy face display:
Set all thy charms and graces out,
And shew - the Jewel in thy snout!"
- John Wesley 1766
(his commentary on Proverbs 11:22)

"Of beauty vain (worthless, full of deceit), of virtue (moral excellence, any admirable quality, chastity) void (empty, a vacuum),
A slave to every base ( low in morality, low in honour, worthless) desire,
A creature wallowing (rolling about in mud, to indulge oneself in emotion) in the mire (wet swampy ground, disadvantageous of difficult condition/situation, state of distress, predicament).
Go, gaudy (excessively ornamented, tastelessly bright) pageant (parade, show) of a day,
Thy folly (lack of sense, foolish act), with thy face display:
Set all thy charms (magic formulas, trinkets or bracelets) and graces (short prayers, expressions, movements) out,
And shew (show) - the Jewel in thy snout!"

Jou skoonheid verniet, jou deugde nul,
Wat is jy voor die aangesig van God?
'n Slaaf na elke lae hunkering,
'n Wese wat speel op glibberige grond.
Voorwaarts, modeparade vir 'n dag,
Jou onkunde op jou gesig vertoon:
Haal al jou sjarme en maniertjies uit,
Aanskou - die Juweel in jou snuit!

Mignon

Thursday, December 11, 2014

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...