Monday, September 1, 2014

Oor rok dra, Bybel lees en vrou wees - 'n persoonlike ervaring



Vandag het ek nie 'n rok aan nie maar 'n denim langbroek. Nie iets wat ek baie graag meer dra nie. En hoe spyt is ek nie oor my klere keuse vir die dag toe ek my vriend uit Wes Afrika raakloop nie. Ai wat het my besiel!

Ek en hy het al baie oor die Here gesels en hy weet dat ek 'n passie het om die Evangelie met ander te deel.

"Sista, how are you?" Ek groet hom vriendelik, bid saggies dat hy blind sal wees vir my ondeurdagte kleredrag en gaan doen gou my inkopies.

Oppad terug na die motor kom hy nader gestap en sê weer:

"Sista!"

So noem hy my, sy suster in Jesus. Ek besef hy het nou iets belangriks op die hart.

"Sista, when you wear your long skirts, you are taller! But today, you don't look so tall."

My hart sink.

Ek glimlag beleef skaam. Jammer my broer in Christus dat ek nie vandag my lang romp vir jou gekies het nie.

Kan dit wees dat hy dalk opkyk na my wanneer ek my lang rompe dra? Dat ek dan vir hom effe langer is?

En vandag in my slordige denim lyk ek skielik vir hom "korter"?

Ek dink wanneer ons Evangelie werk doen, kan ons nie "aandiens" en "afdiens" wees vir die Here nie. As jy 'n Christen is is daar nie aan en af tye nie. Elke oomblik, enige oomblik kan 'n potensieële Evangelie-deel oomblik wees. Ai en ek wil nie weer so onverhoeds betrap word nie.

Rok sal ek dra!

Mignon

1 comment:

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...