Monday, September 8, 2014

Bybelse vrouwees...

Efe 5:33 "...en die vrou moet die man eerbiedig." OAV  
"and let the wife see that she respects and reverences her husband (that she notices him, regards him, honors him, prefers him, venerates, and esteems him; and that she defers to him, praises him, and loves and admires him exceedingly)." Amplified

1 Pet 3:2 "...together with your reverence (for your husband; you are to feel for him all that reverence includes: to respect, defer to, revere him - to honor, esteem, appreciate, prize, and, in the human sense, to adore him, that is, to admire, praise, be devoted to, deeply love, and enjoy your husband)." Amplified


Sal ek probeer om dit in Afrikaans te vertaal? As gelowige vrou moet ek my man eerbiedig, hom respekteer en eer, ongeag van wie of wat hy is. Ek moet beslis let op hoe ek met hom en van hom praat, veral voor sy vriende en wanneer ek alleen by my vriendinne is. Elkeen met wie ek in aanraking kom moet weet dat ek my man eer en dat ek nooit sal sleg of neerhalend van hom praat nie. Ek stel my man eerste. Ek bedien hom eerste en met graagte. Ek (probeer regtig) aandagtig luister wanneer hy met my praat. Ek is net eenvoudig mal oor my man en al het hy sy foute, sien ek dit glad nie meer raak nie want ek is die Here so dankbaar vir hom. Ek geniet dit om in sy geselskap te wees. Ek wil altyd my man spesiaal laat voel. Deur my positiewe en opregte aanmoediging gee ek my man die nodige emosionele hupstoot wat hy nodig het om sy beste te kan wees!

"Doen dit soos vir die Here." Efe 5:22
Mignon

Monday, September 1, 2014

Oor rok dra, Bybel lees en vrou wees - 'n persoonlike ervaring



Vandag het ek nie 'n rok aan nie maar 'n denim langbroek. Nie iets wat ek baie graag meer dra nie. En hoe spyt is ek nie oor my klere keuse vir die dag toe ek my vriend uit Wes Afrika raakloop nie. Ai wat het my besiel!

Ek en hy het al baie oor die Here gesels en hy weet dat ek 'n passie het om die Evangelie met ander te deel.

"Sista, how are you?" Ek groet hom vriendelik, bid saggies dat hy blind sal wees vir my ondeurdagte kleredrag en gaan doen gou my inkopies.

Oppad terug na die motor kom hy nader gestap en sê weer:

"Sista!"

So noem hy my, sy suster in Jesus. Ek besef hy het nou iets belangriks op die hart.

"Sista, when you wear your long skirts, you are taller! But today, you don't look so tall."

My hart sink.

Ek glimlag beleef skaam. Jammer my broer in Christus dat ek nie vandag my lang romp vir jou gekies het nie.

Kan dit wees dat hy dalk opkyk na my wanneer ek my lang rompe dra? Dat ek dan vir hom effe langer is?

En vandag in my slordige denim lyk ek skielik vir hom "korter"?

Ek dink wanneer ons Evangelie werk doen, kan ons nie "aandiens" en "afdiens" wees vir die Here nie. As jy 'n Christen is is daar nie aan en af tye nie. Elke oomblik, enige oomblik kan 'n potensieële Evangelie-deel oomblik wees. Ai en ek wil nie weer so onverhoeds betrap word nie.

Rok sal ek dra!

Mignon

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...