Saturday, August 30, 2014

Biblical womanhood and femininity


Kan ek as jong meisie of vrou aantrek net wat ek wil en wegkom daarmee? Ek weet die wêreld het sy eie stel reëls, maar as Christus navolgeling is dit die reëls waarvolgens ek as godvresende vrou moet aantrek? Die wêreld sê: "Trek aan wat jy wil, jy is vry!"

As ek "maternity" klere dra moet ek nie verbaas wees as iemand vir my kom vra of ek swanger is nie. As ek 'n polisie uniform aantrek moet ek nie verbaas wees as mense gaan wil hê ek moet die rowers agternasit nie. As jy gaan aantrek soos 'n los meisie wat iewers op 'n straathoek hoort, moet jy nie verbaas wees as jongmanne jou so gaan hanteer nie. As jy soos 'n poppie van die wêreld gaan aantrek mag die godvresende jongman wat opsoek is na 'n ordentlike vrou, dalk anderpad kyk. Jy is dalk 'n pragtige kind van God, maar is dit wat jou kleredrag van jou sê?

Wat is ons doel hier op aarde? Is dit nie om eer en lof aan God te bring deur ons lewens nie?

As ek soggens voor my klerekas staan, kan dit mos net 'n goeie ding wees om saggies tot God te bid en te vra: "Here hoe kan ek U eer vandag met my kleredrag?" 

Gebruik dan gesonde oordeel saam met daardie gebed. Buk vooroor en strek 'n bietjie nadat jy aangetrek het ek maak seker alles bly op hul plekke, en geen onnodige vel word ontbloot in die proses nie. Jy wil tog nie die oorsaak wees dat jou beste vriendin se man (of kêrel) se oë dalk onnodig dwaal nie. My persoonlike leuse is: Ek wil nie die stuikelblok wees vir 'n ander vrou se man nie, beslis nie vir enige van my man se vriende nie!

Titus 2: 3-5 "Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is, sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê, ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie."

Deut 22: 5 "'n Vrou mag geen mansklere dra nie, en 'n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God 'n gruwel."

Deut 22: 5 "The woman shall not wear that which pertains to a man..." Amplified

Belangriker as enige van hierdie dinge moet ek vir myself die volgende vrae vra:
1. Het ek die Here Jesus lief?
2. Dien ek Hom met alles in my?
3. Lees ek elke dag my Bybel?
4. Word ek daagliks vernuwe in my gemoed? Romeine 12: 1&2
5. Bedink ek nog vleeslike dinge, of is ek ingestel op die geestelike? Romeine 8: 5-8
6. Is my kleredrag dalk 'n struikelblok vir iemand anders?

Romeine 8: 14 "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, díe is kinders van God."

2 Kor 13: 5 "Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef..."

Hoe voel jy oor die kleredrag van vrouens wat hulself Christene noem?
Dink jy ons dames het nog enige gesonde oordeel?
Hoe trek die vroue deesdae aan as hul kerk toe gaan?

Ek hoor graag van jou!
Mignon

2 comments:

  1. Liewe Mignon, ek kan net saamstem met jou : As ek soggens voor my klerekas staan ... Here hoe kan ek u eer met my kleredrag. 'n Paar jaar terug klop iemand aan ons deur. Voordat ek die deur oopmaak kry ek eers gou 'n trui om oor my bloes aan te trek omdat ek nie heeltemal gemaklik voel om die deur so oop te maak nie. Toe ek die deur oopmaak staan daar 'n jongman wat bekend is aan ons as familie. Ek maak toe verskoning en se spontaan dat ek jammer is dat ek so lank geneem het om die deur oop te maak, maar ek wou net 'n trui aantrek voor ek die deur oopmaak. Sy volgende woorde het my so getref: "'Ek het niks anders van jou verwag nie.'" Dankie Here dat ek na daardie stemmetjie geluister het en my dogter so kan leer. Hoe anders sal die lewe wees as dit van elke vrou, jong meisie wat Christenskap bely gese kan word. "Ek het niks anders van jou verwag nie." Ek kan nie dink dat enige iemand al iets mooiers vir my gese het nie. Dankie vir jou blog.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Sjoe! Wat 'n getuienis, en bemoediging vir my!

      Delete

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...