Thursday, June 19, 2014

The art of soapmaking.

Ek het die voorreg gehad om onlangs by 'n vriendin te leer seepmaak. Wat 'n proses! En hier kom leer ek 'n kosbare les in geduld, en beleef en sien hoe iets soms grillerigs omskep kan word in iets moois en bruikbaar. Net soos die Here ons kom red uit 'n gemors van sonde en verlore wees, so kom maak Hy iets nuuts hier binne ons. 'n Stadige proses van metamorfose.

Titus 3: 3 - 7 "Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op 'n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat. Maar toe die goedertierendheid van God, ons Verlosser, en Sy liefde tot die mens verskyn het - nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees, wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur Sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe."

Die nie-so-lekker-deel-van-seepmaak!




Beesvet en pienk malva!


Spaanse Castille seep van suiwer olyfolie.



Groen en pers kleur met patsjoeli essensiële olie.

Harde vet, wit margerien, klapper olie en laventel essensiële olie.

Na ses weke...

Kyk net hoe mooi.
Dankie vir jou besoek hier by die Avokadopeerboomblog!
Mignon


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...