Wednesday, April 9, 2014

Ons besoek SANCCOB.

SANCCOB is 'n nie-wins organisasie wat hom toespits op die bewaring en rehabilitering van seevoëls, en meer spesifiek die Afrika pikkewyn. Ons het 2 weke gelede vir Mumble na Sanccob in Tableview geneem, en daarna het ons besluit om 'n volledige "backstage" toer by hulle te doen. Kliek hier vir die hele Mumble storie.

Nou nooi ek jou saam tot agter die skerms om 'n regte seevoël hospitaal te besoek:

"Sanccob's 5 star hotel. As much fish as you can eat!"


Baba pikkewyn intensiewe sorg eenheid (ICU)
Ons is net toegelaat om deur die glasvenster te loer. Hier versorg kundige vrywillige hande die kleine pikkewyne. In die agtergrond sien jy regte neonatale broeikaste, soos jy hulle sien in regte hospitale! 



Na ete en boudjies was is dit terug onder die warm ligte.

Hoësorg 1
By die Hoësorg 1 het die diere nog medikasie en/of wordversorging nodig. Dit was ook Mumble se eerste stop.



Mens kan sommer sien die outjies voel nie te "up and about" nie.

Vislyn...



Hoësorg 2
Hoësorg 2: Hier is die voëls gesond en byna gereed om vrygelaat te word. Dit is hier waar ons oë tevergeefs vir Mumble gesoek het. Na lank soek en kyk en roep lyk dit of sy ons reeds vergeet het...

Mumble is dit jy?



Verpligte swemles.


Kia en Winston.
Kia en Winston is hier by Sanccob gebore, en het van vroeg af gewys dat hulle eintlik meer van mense hou. Hulle het net nooit gerehabiliteer nie. Die twee kom sommer aangestap om ons gids te groet! Hmm... en as jy hier eers 'n naam gekry het... dan bly jy.


En as daar 'n vars vissie is, is almal gewillig om nader te staan!



 Wonderlike wonderlike werk wat hierdie mense doen! 

Dankie dat jy hier was saam met ons.
Mignon 


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...