Monday, March 24, 2014

Mumble goes back to the sea...

Die dag wat ons gevrees het, het toe uiteindelik aangebreek: Mumble kan vlieg. Sy het nog die een oomblik gespeel-speel met haar vlerke en strek-strek agtergekom dis makliker om my vlerke twee keer te klap as om ses-en-tagtig treetjies te stap tot waar ek wil wees...  En toe vlieg sy oor die muur en die kinders moet bontstaan om haar terug te kry.

Ons het geweet die dag sou aanbreek. Ons almal het.

Nou wat nou? Een van twee dinge: Of sy moet terug see toe, veilig terug see toe, of ons moet haar vlerkte knip. Die tweede was nooit eintlik 'n opsie nie.

SANCCOB in Tableview was bereid om te help.

Ons het vir oulaas vir Mumble laat swem en speel, en toe...



... terug see toe.

Natuurlik was ons ontevrede met hoe hulle haar hanteer het. Kon ek enigsins iets anders verwag het. Nog 'n seemeeu, nog 'n nommer. Ons moes eintlik vir Mumble gouer teruggeneem het, want nou is sy so mak dat sy nie eens vir 'n hond of 'n hoender skrik nie. En nou is dit vir hulle 'n uitdaging om haar te rehabiliteer. Troos: Hier kan sy ten minste nie wegvlieg of in 'n rottweiler se kake of 'n kat se kloue beland nie. Hier gaan sy oor so twee of wat weke vrygelaat word waar geen mens of hond of kar of kat haar gaan kan seermak nie.

Die kosbare oomblikke sal ons altyd bybly.









No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...