Monday, March 24, 2014

Ballet class.

Ek nooi jou na ons beginnersklassie... 
kom loer... 
dis kosbaar...


Mumble goes back to the sea...

Die dag wat ons gevrees het, het toe uiteindelik aangebreek: Mumble kan vlieg. Sy het nog die een oomblik gespeel-speel met haar vlerke en strek-strek agtergekom dis makliker om my vlerke twee keer te klap as om ses-en-tagtig treetjies te stap tot waar ek wil wees...  En toe vlieg sy oor die muur en die kinders moet bontstaan om haar terug te kry.

Ons het geweet die dag sou aanbreek. Ons almal het.

Nou wat nou? Een van twee dinge: Of sy moet terug see toe, veilig terug see toe, of ons moet haar vlerkte knip. Die tweede was nooit eintlik 'n opsie nie.

SANCCOB in Tableview was bereid om te help.

Ons het vir oulaas vir Mumble laat swem en speel, en toe...



... terug see toe.

Natuurlik was ons ontevrede met hoe hulle haar hanteer het. Kon ek enigsins iets anders verwag het. Nog 'n seemeeu, nog 'n nommer. Ons moes eintlik vir Mumble gouer teruggeneem het, want nou is sy so mak dat sy nie eens vir 'n hond of 'n hoender skrik nie. En nou is dit vir hulle 'n uitdaging om haar te rehabiliteer. Troos: Hier kan sy ten minste nie wegvlieg of in 'n rottweiler se kake of 'n kat se kloue beland nie. Hier gaan sy oor so twee of wat weke vrygelaat word waar geen mens of hond of kar of kat haar gaan kan seermak nie.

Die kosbare oomblikke sal ons altyd bybly.









Saturday, March 22, 2014

My Trim Healthy Mama journey.

Ek het Junie 2013 met Trim Healthy Mama begin. My laaste hoop. Ek was op die punt om alle hoop te laat vaar om ooit weer gemaklik te voel in my eie lyf. En hier is ek! My "before" en "midway" foto's!

85kg of meer!


Ja. "Midway". Ek is halfpad waar ek wil wees - al seker vir die laaste 7 maande staan ek stil by hierdie halfpadmerk. Die goeie nuus: Ek tel nie weer die gewig op wat ek verloor het nie. Maar ai, die tweede helfte is 'n uitdaging!

75kg of minder!

Ek het baie geskryf oor my op-en-af-wiplank-verhouding met 'n weegskaal. Jy kan hier kliek vir al daardie stories.

As jy nog stukkel om die "regte dieet" te vind wat jou nie halfpad gaan teleurstel of rasend honger los nie, kan ek regtig hierdie leefstyl aanbeveel. Leefstyl ja. Trin Healthy Mama is 'n leefstyl. Dit is volhoubaar. En dit WERK!

Mignon.

Sunday, March 2, 2014

Ons seemeeu...


Ons seemeeu, Mumble, groei sterk. Sy eet baie graag weetbix en vars geelstert, tot klein blikkies katkos! Swem graag saam met die kinders in die swembad. Baie mensvas. Heeltemal te veel. Ek weet nie wat ons gaan maak as haar vlerke sterk genoeg word om op die Kaapse windjie se rug te ry nie...

Sent from my BlackBerry® wireless device
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...