Thursday, January 2, 2014

Ek naam 2014 - LIEFDE


Ek het die laaste klompie jare my jare name gegee. Elke jaar 'n naam soos vir 'n nuwe babatjie. 'n Naam om te onthou, 'n naam om uit te leef. As mens mos vir 'n ding eers 'n naam gegee het kry hy sommer betekenis. En so kry elke nuwe jaar sommer met die intrapslag betekenis en rigting.

2011 was die jaar waarin ek wakker geword het vir die hier en die nou. Dit was die jaar waarin ek begin het om dankies te tel en neer te skryf. Dit was die jaar wat my uitkyk op die lewe radikaal verander het. Skryf 1000 dankies vir die Here op papier en jy sal nooit weer dieselfde wees nie!
2012 was die JAAR VAN MOEILIKE DINGE doen - die jaar waar ek juis die moeilike dinge wou doen, en nie terugstaan nie. Dit was ook die jaar wat ek en Joe hard wou werk aan ons drome. Drome. Drome. Hulle is steeds daar.

Verlede jaar was my Genade jaar. Die jaar van BARMHARTIGHEID. Die Engelse woord is MERCY. Genadig met myself, genadig met my medemens. En dit was voorwaar 'n jaar van genade.
2014 wil ek die jaar van LIEFDE noem. Die jaar waarin ek my God, my gesin, myself en bowenal my naaste meer en meer lief wil he. Meer spesifiek my naaste, lief genoeg dat ek die reddende Jesus Evangelie met hom of haar sal deel. Onverskrokke!

'n Ongelowige het eenmaal dit so gestel: Indien jy werklik glo in Jesus en in God en in 'n Oordeelsdag, en indien die Hel vir jou 'n werklikheid is - hoeveel moet jy jou naaste haat om dit nie met hom of haar te deel nie? Hoeveel moet jy jou naaste haat om dit nie met hom of haar te deel nie? Jou buurman? Jou vriendin? Jou tandarts? Die kelner? Die verkoopsdame? My vriend?
Ek sien iemand wat oorgewig is en kan nie wag om Trim Healthy Mama te deel nie! Ek sien iemand met 'n seer en ondankbare hart en deel so graag 'n 1000 dankies. Maar oo wee ek sien 'n verlore jong mens besig om haar lewe weg te gooi en ek doen niks...

Here, gee aan my 'n hart wat brand met U liefde vir verlore siele. Gee aan my die bereidheid om die Goeie Nuus te deel - tydig en ontydig, in sagmoedige liefde. Elke dag van hierdie jaar, al is dit net die gee van 'n traktaatjie. 365 siele! Vir U!
Mignon

Sent from my BlackBerry® wireless device


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...