Wednesday, January 1, 2014

Die drop-off!!!


Net regs van die jetti is daar 'n klein stukkie strand. Jare gelde was dit glo net rotse. Nou die see het 'n klomp growwe sand hier kom neersit. Dit is hier waar die ervare vissermanne met lang stokke, dik lyne en groot aas kom haaie vang. Ja, haaie! Net 'n paar aande gelde het iemand daar 'n 2 meter skeurtand laat wegkom.

Elke keer as ons blaasoppies gaan vang by die jetti, sien ek 'n klein groepie mense daar in die golwe speel en dan dink ek: mal!

Mal. Maar elke keer is daar ook luide uitroepe van absolute plesier. Mooi gekyk, sien ek waaroor alles gaan: Die stukkie strand is baie styl, en dan skielik is die water sommer baie diep. 'n "Drop-off"! Met reuse golwe wat sterk breek, hoog opspoel en weer netso borrelend sterk terugtrek. Mense lywe word teen die strand opgestoot en weer teruggetrek in die golwe met harde geskreeu en uitbundige gelag. Ek moet dit ook doen...

En gister gaan ons toe weer jetti toe vir blaasoppies vang. Ek kyk regs en sien die perfekte golwe. Eers wou ons huistoe vir swemklere maar ek weet as ons terugkom sal die gety gedraai het. Daar is nie 'n beter tyd as nou nie. En daar gaan ek en Liza met klere en al: Mal!

Ons staan op die strand. Dit is afdraande en ons skep moed. Hoe op aarde waag mens dit want daar is net een manier om te in en dis vinnig. Tussen die stelle golwe is daar skielik 'n stilte en daar gaan ons!

Die water is koel, nie koud nie. Skielik is dit diep en die volgende golf swel op en op en stoot en gooi! Op die growwe sand en trek ons weer terug, swel swel en gooi.

Ekstase! Adrenalien! En ek probeer om nie aan haai se kind te dink nie.

Vandag gaan ek weer...
Sent from my BlackBerry® wireless device

1 comment:

  1. O, dat zou ik niet durven! Echt niet. Kijk goed uit. Ik wil gaar nog heel veel blogjes lezen van jou in 2014! Liefs.

    ReplyDelete

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...