Sunday, January 5, 2014

Trim Healthy Chilli Chocolate Mouse!


My gunsteling!

300ml yskoue water
een groot teelepel kakao poeier
een teelepel koffie poeier
een teelepel room
een teelepel whey poeier
gedroogte chillie flokkies
stevia of enige versoeter
een teelepel xanthum gum poeier

Meng al die bestandele behalwe die xantham gum, op hoe spoed in 'n versapper of menger. Voeg die xanthum gum bietjie vir bietjie by terwyl die menger op hoe spoed aan is. Geniet dadelik met bietjie spuitroom!

Heerlik! Veral as jy soos ek die ekstra 2 kilogrampies na die vakansie moet afskud!

Sent from my BlackBerry® wireless device

Thursday, January 2, 2014

Ek naam 2014 - LIEFDE


Ek het die laaste klompie jare my jare name gegee. Elke jaar 'n naam soos vir 'n nuwe babatjie. 'n Naam om te onthou, 'n naam om uit te leef. As mens mos vir 'n ding eers 'n naam gegee het kry hy sommer betekenis. En so kry elke nuwe jaar sommer met die intrapslag betekenis en rigting.

2011 was die jaar waarin ek wakker geword het vir die hier en die nou. Dit was die jaar waarin ek begin het om dankies te tel en neer te skryf. Dit was die jaar wat my uitkyk op die lewe radikaal verander het. Skryf 1000 dankies vir die Here op papier en jy sal nooit weer dieselfde wees nie!
2012 was die JAAR VAN MOEILIKE DINGE doen - die jaar waar ek juis die moeilike dinge wou doen, en nie terugstaan nie. Dit was ook die jaar wat ek en Joe hard wou werk aan ons drome. Drome. Drome. Hulle is steeds daar.

Verlede jaar was my Genade jaar. Die jaar van BARMHARTIGHEID. Die Engelse woord is MERCY. Genadig met myself, genadig met my medemens. En dit was voorwaar 'n jaar van genade.
2014 wil ek die jaar van LIEFDE noem. Die jaar waarin ek my God, my gesin, myself en bowenal my naaste meer en meer lief wil he. Meer spesifiek my naaste, lief genoeg dat ek die reddende Jesus Evangelie met hom of haar sal deel. Onverskrokke!

'n Ongelowige het eenmaal dit so gestel: Indien jy werklik glo in Jesus en in God en in 'n Oordeelsdag, en indien die Hel vir jou 'n werklikheid is - hoeveel moet jy jou naaste haat om dit nie met hom of haar te deel nie? Hoeveel moet jy jou naaste haat om dit nie met hom of haar te deel nie? Jou buurman? Jou vriendin? Jou tandarts? Die kelner? Die verkoopsdame? My vriend?
Ek sien iemand wat oorgewig is en kan nie wag om Trim Healthy Mama te deel nie! Ek sien iemand met 'n seer en ondankbare hart en deel so graag 'n 1000 dankies. Maar oo wee ek sien 'n verlore jong mens besig om haar lewe weg te gooi en ek doen niks...

Here, gee aan my 'n hart wat brand met U liefde vir verlore siele. Gee aan my die bereidheid om die Goeie Nuus te deel - tydig en ontydig, in sagmoedige liefde. Elke dag van hierdie jaar, al is dit net die gee van 'n traktaatjie. 365 siele! Vir U!
Mignon

Sent from my BlackBerry® wireless device


Picture perfect...




Prentjie perfek...? en toe maak Micah vir Anika bang. Anika klim vinnig in die bakkie om weg te kom, en maak die deur op haar eie groottoon toe! Ons is al huilend die berg af.

Sent from my BlackBerry® wireless device

Wednesday, January 1, 2014

Drop-off oomblikke...




...of soos Liza hulle noem: Dumper oomblikke!


Sent from my BlackBerry® wireless device

Die drop-off!!!


Net regs van die jetti is daar 'n klein stukkie strand. Jare gelde was dit glo net rotse. Nou die see het 'n klomp growwe sand hier kom neersit. Dit is hier waar die ervare vissermanne met lang stokke, dik lyne en groot aas kom haaie vang. Ja, haaie! Net 'n paar aande gelde het iemand daar 'n 2 meter skeurtand laat wegkom.

Elke keer as ons blaasoppies gaan vang by die jetti, sien ek 'n klein groepie mense daar in die golwe speel en dan dink ek: mal!

Mal. Maar elke keer is daar ook luide uitroepe van absolute plesier. Mooi gekyk, sien ek waaroor alles gaan: Die stukkie strand is baie styl, en dan skielik is die water sommer baie diep. 'n "Drop-off"! Met reuse golwe wat sterk breek, hoog opspoel en weer netso borrelend sterk terugtrek. Mense lywe word teen die strand opgestoot en weer teruggetrek in die golwe met harde geskreeu en uitbundige gelag. Ek moet dit ook doen...

En gister gaan ons toe weer jetti toe vir blaasoppies vang. Ek kyk regs en sien die perfekte golwe. Eers wou ons huistoe vir swemklere maar ek weet as ons terugkom sal die gety gedraai het. Daar is nie 'n beter tyd as nou nie. En daar gaan ek en Liza met klere en al: Mal!

Ons staan op die strand. Dit is afdraande en ons skep moed. Hoe op aarde waag mens dit want daar is net een manier om te in en dis vinnig. Tussen die stelle golwe is daar skielik 'n stilte en daar gaan ons!

Die water is koel, nie koud nie. Skielik is dit diep en die volgende golf swel op en op en stoot en gooi! Op die growwe sand en trek ons weer terug, swel swel en gooi.

Ekstase! Adrenalien! En ek probeer om nie aan haai se kind te dink nie.

Vandag gaan ek weer...
Sent from my BlackBerry® wireless device

Vuurwerke!







As jy gedink het dit is maklik om die wonder van vuurwerke te vas te vang op 'n blackberry, wonder weer! Maar hier is die paar wat ek betyds kon kliek...

Ek kan nie onthou wanneer laas ons 'n nuwejaar kon vier saam met ander mense nie. Met klein kindertjies was dit vir ons die laaste klompie jare totaal onmoontlik. En natuurlik as sober Christene word ons nie sommer na enige partytjie uitgenooi nie! Maar Struisbaai karavaanpark het al ons verwagtinge oortref met paaie afgesper, goeie musiek, 'n dans en hope vuurwerke die heel aand!

Mag 2014 vir jou en vir my gevul wees met liefde, vrede en hoop.

Mignon

Sent from my BlackBerry® wireless device
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...