Tuesday, October 29, 2013

Oh no not again!

Ek buig haar koppie effe agteroor om te sien en haar gerus te stel dat daar niks fout is nie toe ek die bekende geel van 'n mieliepit sien. Agge nee. Nie al weer nie.

Micah het verlede jaar 'n klein ronde lekkertjie in háár neus opgedruk terwyl ons met Liza by haar perdry les was. Tóé het ek geleer dat paniek nie die antwoord is op 'n vreemde voorwerp in jou neus nie! En ja, tóé het ek gepanic. Hospitaal toe gejaag, vir 15 minute gesit en wag vir die geneesman wat toe vir my kom sê dat hy niks kon sien nie, en dat die soetding seker iewers sy pad in haar keel af gevind het. Groot gejaag en groot gestres, als vir niks.

Ok, so vandag paniek ek nie.

Eerstens het ek in my mooiste stemtoon (sien my vorige blog inskrywing) al die paniekeriges weggejaag en baie mooi gepraat sodat Emma net nie moes huil nie. Sien huil maak snot en snot maak dat jy snuif en snuif wil jy nie met 'n vreemde voorwerp in jou neus nie! Nie as jy net drie jaar oud is nie.

En as jy maklik gril, hoef jy nie die storie verder te lees nie.

Ek volg toe die beste pad en bid hardop vir hulp en kalmte en asseblief Here help net. Wat nou? Die pit is te diep in haar neusie om met 'n tangetjie dit uit te haal. Sê nou ek druk dit dieper en maak haar seer? As ek nou 'n dokter gaan soek gaan sy huil en dan gaan die pit verkeerde kant toe! Enigste ander oplossing: Suig?

Met sagte woorde oortuig ek toe vir Emma dat mamma saggies gaan suig op haar neusie. En saggies vertou die kleine mensie my. Nie seker hoe hard ek kan suig en of ek haar mond moet toe druk of wat nie en na 'n paar probeer slae lag ons saam toe Em snak na haar asempie. "Sjoe mamma suig jou asempie weg!" En net daar skuif geel mieliepit genoeg vorentoe sodat ek die kalant baie versigtig  met 'n tangetjie kon uithaal. Wat 'n verligting!

Die mieliepit.

En die eerste woorde van my 14 jarige: "Nou gaan sy seker 'n pakslae kry!" Nee wat my skat. Ons het almal genoeg geskrik vir een dag. Sy sal nie weer iets in haar neus opdruk nie.

Ek onthou die wyse woorde van my vriendin: Bly net kalm. Bly net kalm ek lyk asof jy weet wat jy doen!


Het jy al so iets oorgekom?


Help for the angry mum.


Do you also struggle with anger and sometimes feel you're just gonna explode?


There is help!

Amy, by Raising Arrows, wrote this blogpost to help a mother like me.


Are you an angry mommy?


How do you handle anger? Have you conquered your anger? This is my struggle...

Friday, October 25, 2013

Hier is ek, die kwaai mamma.

Het al ooit op jou kinders geskree? Kwaad geword en dit heeltemaal verloor? Het jy al die vrees op hul klein gesiggies gesien, vrees vir 'n kwaai mamma?

Wel hier is ek: Die kwaai mamma.

Daar is hierdie fontein binne my. Nie 'n fontein van lewende water en vreugde wat wil oorborrel nie, maar 'n fontein van woede en irritasie en die water daarvan is verrot en sleg. Dit voed niemand om my nie. Dit maak al die goeie dade tot niet. Kan daar nie net iewers 'n prop wees wat ek kan uittrek om hierdie slegte fontein in my te laat dreineer nie? Is daar nie iewers 'n kraan wat ek kan oopdraai om hierdie dam van woede te laat leegloop nie.


"Daarna het Hy water in 'n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was..." Johannes 13: 5

Die Here Jesus het Sy mense so lief dat Hy nog daagliks ooreenkomstige dade doen soos om hulle voete te was. Ons swakste optrede aanvaar Hy. Ons diepste berou aanvaar Hy. En elke oortreding vergeef Hy. Hy is steeds, deur al ons tekortkominge, ons Vriend en Meester. Hy verdra 'n kroon van dorings, Hy staan op en pleit vir ons, geduldig, en dan doen Hy hierdie nederige daad: Hy kom was ons voete. Hy doen dit deur dag na dag ons konstante oortredinge van ons weg te neem. Ons oortree, ons belei en het berou en Hy vergeef en was ons skoon met Sy kosbare bloed. Hy vergewe en reinig en was ons skoon.

Ons Meester se daaglikse reininging van ons oortredinge, hoe kosbaar is Sy geduld met ons nie? Genade onbeskryflik groot?

Here Jesus kom reinig my. Kom maak my leeg en vry van al wat sleg en onrein is in my, en skep in my 'n nuwe hart, 'n sagte hart.

Mignon

Monday, October 21, 2013

Vir die nuwe mamma.

Jy is so opgewonde en ons almal saam met jou. Almal kom wens jou geluk en miskien voel jy bietjie oorweldig. Ek onthou toe ons uitgevind het ons is uiteindelik swanger met ons eersteling. Ek het so 4 uur die oggend wakker geword en toe die urine toets gedoen. Onmiddelik vir Joe wakker gemaak en hy was so opgewonde dat hy net daar na die 24 uur apteek toe gegaan het om vir die verpleegsuster te vra of die toets regtig positief is. Teen 5 uur se kant het ons my ma-hulle gaan wakker klop, en kort na 7 die oggend was ons by my skoonouers!

Maar daar is seker niks wat jou kan voorberei op daardie eerste oomblik wat jy 'n babatjie hoor huil en jy weet dis nou jou babatjie daardie, jou verantwoordelikheid en jý wat die mamma gaan moet wees wat troos en sus en eintlik weet jy niks van mamma-wees nie.

Ek kan nou seker hier 'n lange opstel skryf oor die moets en moenies en maak so en doen dit en dat. Al wat jy eintlik nodig het om te weet is dat God jou gemaak het vir hierdie taak. Jy is spesiaal geskape vir hierdie mamma ding. Als wat jy nodig het het ons Vader reeds vir jou gegee: 'n Hart wat oorloop van liefde, arms wat wil optel en vertroetel en vertroos, en 'n liggaam wat reeds weet hoe en wat en wanneer. Dit is alles eintlik een root wonderwerk. Die dokters wil meet en voel en peuter en toets en weeg en sonar en nog meet, maar eintlik is niks in hul hande nie. Hierdie nuwe lewetjie word noukeurig aanmekaar geweef en is veilig in ons God se Vader hand. Bid elke dag vir hierdie nuwe mensie, en bid dat Hy jou saggies sal lei in hierdie nuwe seisoen van mamma wees.


Met liefde
Mignon

Tuesday, October 1, 2013

Waar was jy Vrydagaand?

'n Tipiese Vrydagaand by ons is tuisgemaakte pizza 'n goeie fliek 'n matras op die vloer en klomp komberse en kussings, warm en veilig.

Maar verlede Vrydag het ons kerk 'n "Survivor" aand gehou. Weens die koue was hierdie aand alreeds een keer uitgestel. Die hele idee was om 'n aand buite in die koue deur te bring om te beleef wat 700 mense elke aand in Bellville omgewing ervaar.
Ja, 700 mense. 
Dakloos. 
Honger. 
Koud.
Vuil. 
Buite.


Ek was verstom oor die hoe baie jong mense die koue kom trotseer het.
Na 'n inligting sessie deur MES is ons in kleiner groepe ingedeel en per voet is ons die strate van Bellville in. 

By plastiek vure gestaan, om donker hoekies geloop, die uitgeworpenes gaan opsoek, 'n bietjie gesels, probeer bemoedig, hande gevat en gebid.


Terug by die kerk kon ons sop koop vir R2. 


En toe ontmoet ek vir Ellen Pakkies...


Die knop in my keel en die brand agter my oë gaan keer dat ek nou met jou deel die impak wat háár storie op my gehad het.
Mignon

Top Tien op 'n Dinsdag


Vandag, tien dinge wat ek vermy, en iets wat jy dalk nie van my geweet het nie...
  1. Ek vermy glans vroue tydskrifte! Eintlik alle vroue tydskrifte. My redes hiervoor is genoeg vir 'n hele blog inskrywing op 'n ander dag...
  2. Ek vermy gesprekke in 'n groep. Jy mag dalk nie geweet het nie, maar ek is doof in my linker oor en dit maak dit vir my geweldig moeilik om in 'n groep te funksioneer, veral as meer as een persoon op 'n slag praat.
  3. Ek bly weg (of ek probeer altans wegbly) van boekwinkels af! Ek is mal oor boeke!
  4. En op die onderwerp van boeke: Ek lees nie fiksie nie. Dit is vir my 'n mors van kosbare tyd.
  5. Ek vermy die TV. Kannie so sit en niks doen nie.
  6. Ek vermy 'n gejaag en 'n geskarrel. Kinders slaan bot toe as jy hulle aanjaag en opskud en maak om gou-gou te maak. Dan val die wiele sommer van die wa af!
  7. Ek vermy 'n kafee pastei. 
  8. Ek probeer om nie te veel tyd hier voor die rekenaar te spandeer nie, maar ai ek hou tog so daarvan om te blog!
  9. Facebook. Hmm, ek 'delete' gereeld my profiel!
  10. Laaste maar nie die minste vermy ek om stiltetyd te vermy. 
'n Aanhaling van John Bunyan:- "He who runs from God in the morning will scarcely find Him the rest of the day."

Is daar iets wat jy sover moontlik probeer vermy?
Mignon 
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...