Friday, September 27, 2013

Die voorreg om 'n tweeling groot te maak.

Ek het al iewers geskryf oor die tweeling, en ek is die Here so dankbaar vir hulle! As jy my sou vra of dit moeilik is om 'n tweeling groot te maak sal ek antwoord beslis ja. Is dit lekkerder om 'n tweeling groot te maak as 'n enkeling? Beslis ja!

Maar met my tweeling het ek die reëls so bietjie gebuig: Ek het die eerste paar maande met altwee saam met my in die bed geslaap - pappa moes elders in die huis slaapplek soek. Ek het albei babas met dieselfde lepel gevoer en 'n nat doek moes BAIE nat wees voor hy omgeruil was. Saans met badtyd, trek jy sommer al môre se klere aan en as een siek is kry altwee sommer dieselfde medisyne! Winde moes maar self anderkant uitkom... slapende babatjies se winde is nie uitgevryf nie :-) Hier en daar het ons 'n bad gemis want die tyd het net te gou verby gegaan van die een bad na die volgende een toe!







En as jy sou vra of ek dit alles weer sou doen?

Verseker ja!
(miskien sou ek dalk net nie weer wou swanger wees met twee nie - want sjoe dít was erg!)

Mignon
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...