Monday, September 30, 2013

#3308

Vir die eerste keer in hoeveel jaar van getroud wees het ek vir my 'n staan menger gekoop. Nog altyd reggekom met 'n handklitser, maar teen die tempo waarteen ons deesdae koeke bak, het ons handmodel die gees gegee. En op die dag wat ek gaan om 'n nuwe handklitser te koop is die staan menger toe teen dieselfde prys te koop!?

Ek so deur die meng en bak spog ek 'n bietjie oor hoeveel makliker dit nou is om botter te room en terwyl ek nog so staan en spog stap Emma (3) verby met díe woorde:


"Het Jesus hom jou 'n gee het?"


Ek huiwer en wou eers sê nee en verduidelik maar toe besef ek: Jesus ís die Een wat voorsien in al ons omstandighede en behoeftes, en hier en nou kan ek ook vir Hom dankie sê vir 'n staan menger.

#3308 'n staan menger en die geloof van 'n klein kindjie

Ek verwonder my aan die eenvoudige geloof van 'n klein mensie wat my net weer laat besef het Wie die Een is wat voorsien!

Mignon
Matt 6:8 "...want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra."

3 comments:

  1. Die geloof van 'n kind. Mooi geskryf. Dit raak my diep. Baie pret met jou nuwe menger, Mignon!

    ReplyDelete
  2. Ek wil jou net aanmoedig, want hierdie liefiekind se woorde is iets wat haar mamma haar geleer het!

    ReplyDelete

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...