Monday, September 30, 2013

#3308

Vir die eerste keer in hoeveel jaar van getroud wees het ek vir my 'n staan menger gekoop. Nog altyd reggekom met 'n handklitser, maar teen die tempo waarteen ons deesdae koeke bak, het ons handmodel die gees gegee. En op die dag wat ek gaan om 'n nuwe handklitser te koop is die staan menger toe teen dieselfde prys te koop!?

Ek so deur die meng en bak spog ek 'n bietjie oor hoeveel makliker dit nou is om botter te room en terwyl ek nog so staan en spog stap Emma (3) verby met díe woorde:


"Het Jesus hom jou 'n gee het?"


Ek huiwer en wou eers sê nee en verduidelik maar toe besef ek: Jesus ís die Een wat voorsien in al ons omstandighede en behoeftes, en hier en nou kan ek ook vir Hom dankie sê vir 'n staan menger.

#3308 'n staan menger en die geloof van 'n klein kindjie

Ek verwonder my aan die eenvoudige geloof van 'n klein mensie wat my net weer laat besef het Wie die Een is wat voorsien!

Mignon
Matt 6:8 "...want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra."

Friday, September 27, 2013

Die voorreg om 'n tweeling groot te maak.

Ek het al iewers geskryf oor die tweeling, en ek is die Here so dankbaar vir hulle! As jy my sou vra of dit moeilik is om 'n tweeling groot te maak sal ek antwoord beslis ja. Is dit lekkerder om 'n tweeling groot te maak as 'n enkeling? Beslis ja!

Maar met my tweeling het ek die reëls so bietjie gebuig: Ek het die eerste paar maande met altwee saam met my in die bed geslaap - pappa moes elders in die huis slaapplek soek. Ek het albei babas met dieselfde lepel gevoer en 'n nat doek moes BAIE nat wees voor hy omgeruil was. Saans met badtyd, trek jy sommer al môre se klere aan en as een siek is kry altwee sommer dieselfde medisyne! Winde moes maar self anderkant uitkom... slapende babatjies se winde is nie uitgevryf nie :-) Hier en daar het ons 'n bad gemis want die tyd het net te gou verby gegaan van die een bad na die volgende een toe!







En as jy sou vra of ek dit alles weer sou doen?

Verseker ja!
(miskien sou ek dalk net nie weer wou swanger wees met twee nie - want sjoe dít was erg!)

Mignon

Wednesday, September 25, 2013

Photo story!





Ag mag ek nooit net skryf oor als wat goed en mooi en volmaak is nie, want dit sal een groot leun wees. Daar is dae wat alles nie so goed en mooi en vreugevol is nie. Maar laat ons onthou dat elke oomblik kosbaar is en 'n geskenk is uit die hand van God. Mag ons altyd die goed en mooi en vreugdevol gaan soek.

Elke oomblik is 'n geskenk goed, mooi, volmaak en vreugdevol.
Mignon


Monday, September 23, 2013

What a wonderful mother!







Is dit nie kosbaar nie! Hierdie mamma kolgans het deur een ysige Kaapse winder TIEN eiers uitgebroei! Nou dít is toegewyde moederskap. Wat 'n inspirasie so uit die natuur.

Wednesday, September 18, 2013

Bly kalm, bly net kalm...

Seker die beste advies wat ek in 'n lang tyd gehoor het is presies net dit:

Bly kalm.

Bly net kalm.

Dit is seker van die moeilikste dinge om te doen. Dis makliker om net te wil jou arms in die lug opgooi, en een of ander iets uit te roep in frustrasie, nie waar nie? En dit het ek al baie so baie gedoen. Wat help dit tog op die ou end?
As mamma (ek) stres, stres die hele ou spulletjie! En dan moet ek net weer om verskoning vra na die tyd.

So...

Bly kalm

en lyk asof jy weet wat jy doen. Dit is vir my so kosbaar!



- en hierdie advies van 'n vrou wat ek maar baie onlangs ontmoet het, 'n nuwe vriendin, 'n absolute inspirasie vir my!

Dankie dat jy kom kuier het!
Mignon

** hierdie "Keep calm" meme bly kalm en lyk asof jy weet wat jy doen het jy eerste hier op avotree.blogspot.com gesien!

Tuesday, September 10, 2013

Kennisgewing:

Hierdie blog is onder rekonstruksie,
so wees asseblief saam met my geduldig.
Ek glo hier gaan binnekort iets moois gebeur,
iets wat jou gaan seën, versterk en opbou in jou daaglikse
mamma en vrou wees. Iets pienks! (die boom sal dalk moet gaan...)

Opgewonde?

Mignon
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...