Tuesday, July 2, 2013

The skirt, there are few things so feminine.

Sondae het ons rokke gedra. Dis hoe ek grootgeword het. Nooit in te nimmer sou ek droom om 'n broek aan te trek kerk toe nie. Selfs in die hoërskool en in die koshuis het ons meisies rok gedra op 'n Sondag, selfs al hét jy nie 'n kerk bygewoon nie! Wat het verander? Dra ons nog rok op Sondae? Op enige dae?

In Afrika dra vrouens nog rokke en rompe. Vroue in Afrika is nog onderdanig en nederig volgens hul kultuur. Wanneer ons (as Christen vroue) rondloop in ons kort broekies en stywe langbroeke, is ons bewus daarvan dat ons dalk mag aanstoot gee?



"African cultures value politeness and hospitality highly, so unless you probe and ask lots of questions you will never know that you have offended your hosts. They will continue to smile and be friendly even as the door slams firmly shut to further ministry.

In Africa, it is generally considered a disgrace for a man to have long hair. Yet you will see many long haired men heading out to "evangelise Africa" oblivious to what a stumbling block their appearance may be." - JOY! Magazine Volume 22 Issue 04

So uit met die naaldwerkgoed en ek werk tot laat in die nag om hierdie romp vir Liza klaar te maak voor sy vertrek vir Mosambiek. En kyk hoe mooi. Ek gaan beslis nog rompe maak vir my dogters. Het ons enige verskonings om nie meer rompe en rokke te dra nie?


Is 'n romp of rok dan nie die toppunt van vroulikheid nie?

2 comments:

  1. Dink al 'n hele rukkie daaraan vir my girls maar is nog steeds dom met naaldwerk en het nie 'n patroon nie! Jou nuwe blog blad lyk pragtig! (my gunsteling kleur :)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Net vir jou... die volgende post! xxx

      Delete

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...