Thursday, July 11, 2013

Sy kom vandag huistoe!


Een van die eerste dinge wat sy vir my gevra het was hoe cope mamma sonder my? Wel, een ding is verseker: ek het baie gou geleer om my kop bymekaar te hou!

Die huis was baie stil sonder haar. Die hond is deurmekaar en weet nie regtig waar sy hoort nie. Ek dink daar was dalk 'n aand of twee wat sy sonder kos gaan slaap het. Ilze het skottelgoedwasser in en uit gepak sonder dat sy dit agtergekom het en die ander kinders het ingespring en gehelp.


Selfs al kon ons al die takies gedoen kry sonder haar het ons haar teenwoordigheid en uitbundige gelag vreeslik gemis. Daar was niemand om voor te sê los nou die kleintjies uit nie. 'n Ousus kan tog so die kindertjies opwerk en hul koppies heeltemal laat uithaak!

Maar oor die regtige groot seer van verlang gaan ek eerder nie skryf nie. My Liza... Hulle is nie regtig ons s'n nie is hulle? Ons leen hierdie mensies vir 'n rukkie, saai soveel moonlik goed in hulle lewens en hoop dat al die sleg en foute vergeet sal word. Want ons maak tog foute. Maar die liefde bedek alles, glo alles en hoop alles.

Ek kan nie wag om al die stories te hoor nie!

Ons het jou vreeslik gemis!
Mamma

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...