Thursday, July 25, 2013

I have never felt so poor...

Het jy al by mense gaan kuier, weggestap en so verneder en arm gevoel?
Ja ek weet vier van my kinders slaap in een kamer
Onderkleertjies moes verlede jaar al vervang geword het
Die dak lek
My oond is alweer stukkend
Nuwe kurrikulum moet bestel word
Kombi het ernstige werk nodig
Bmer se voorlig is uit
Ons het Sondag al Dinsdag se budget gebruik

Sy spog met haar nuwe tuin
Sy spog oor 'n gourmet ete by vriende
Sy spog met haar spliter nuwe kar
Sy vra hoekom Liza nie prawns geëet het toe sy in Moz was nie

Ek huil op sy skoot
en hy troos met hierdie woorde:

Jy is skatryk
Jou kinders is pragtig
Daar is nog mense wat met net een hooflig ry in die nag
en al het jy Sondag al Dinsdag se budget gebruik,
as Beauty die voorhek se klokkie lui
het jy altyd vir haar kos en 'n geldjie.
Ons het nog altyd genoeg gehad om ander mee te kan help.

Dink jy sy het wat jy het?

En gisteraand ry ek en hy, met 'n geskenk, met die hoop dat ons sal
kan seën, en ervaar net weer hoe die Here ons een vóór was.
Dankie Here dat ek steeds kan gee, en as dit nie geld is nie,
my tyd, die talente wat U my gegee het, dit
kan gebruik vir U.
Dit is so 'n voorreg om vir U te werk.
Vergewe my dat ek arm gevoel het
in my rykdom by U.

Mignon
Dis dalk tyd om weer die dankie boekie uit te haal... dink jy nie ook so nie? Waar het ek hom verlê....

2 comments:

  1. Ai Mignon! Ek WEET dit maak so seer! Dit het my nog altyd gehelp om te onthou dat ons nie hier is om aardse skatte bymekaar te maak nie, maar om siele te help red vir 'n enigheid! Haar aardse skatte het geen ewigheidswaarde nie, maar jou 'armoede' en opoffering het definitief! Bly sterk en bid vir haar, dat sy die waarheid sal ontdek/onthou! xxx

    ReplyDelete

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...