Sunday, July 21, 2013

Before, and a progress report...

I've got two awful pictures of myself.
Two pictures I thought I would NEVER share here with you!
Me at my heaviest...



Ek gaan nou my hart deel so hier slaan ek oor in Afrikaans. Om oorgewig te wees het aan my selfbeeld begin geknaag. Stukkie vir stukkie het ek my selfvertroue verloor. As Christen wou ek so graag ander mense positief beïnvloed... en dan dink ek aan my gewig: almal kan sien: Jy het 'n duidelike gebrek aan selfbeheersing. En ja my eetgewoontes hét buite beheer geraak en dit het by die punt gekom waar ek net nie meer geweet het watter kant toe nie. Ek het die spieël begin haat en ook dit wat ek daar gesien het - en dis nie waar ek wou wees nie.

Van Weight Watchers na Weigh less na die bloedgroep dieet na alles versap na slegs groente en vrugte en steeds as ek in die oggend opstaan is my bene seer en styf en ek dink dis maar van heeldag op my voete wees. O nee dit was nie. Nou weet ek dit was van pure oorgewig wees dat my voete so swaar gekry het...


7 Weke later, 7 kilogram af en ek voel fantasties! Niks meer seer stywe voete in die oggend nie. Van 'n size 16 na 'n size 12 en ek kan dit skaars glo!!! Hier is 'n skakel na die webwerf en waar om die boek te kry maar die beste prys is maar hier!

Mignon

1 comment:

  1. Dankie dat jy altyd so eerlik met ons deel! Weet dat ek nie altyd tyd het om iets te se nie, maar ek geniet en waardeer als wat jy met ons deel! Ek bewonder ook jou toewyding! xxx

    ReplyDelete

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...