Friday, July 26, 2013

Ek het vergeet hoe om dankie te sê; wanneer om dankie te sê.

Ek het die boekie uitgehaal en tel weer die geskenke uit God se hand... die elke dag geskenke wat ek vergeet het om voor dankie te sê.

#3130 'n sak vol amandels
#3131 vir genoeg
#3132 Arlene se geskenk - oorgenoeg!

Soos ek neerskryf onthou ek skielik: daardie moeilike dankies, daardie dinge waarvoor ons in die oomblik nie voor kan dankie sê nie, nie wíl dankie sê nie... daardie oomblikke word wel dankies so dag of wat later.

#3139 opreg bedoelde opmerkings

Dit is waarom ons maar kan dankie sê reg in die middel van daardie moeilike oomblikke.

Ek het dít vergeet.

#3143...

Mignon

Thursday, July 25, 2013

I have never felt so poor...

Het jy al by mense gaan kuier, weggestap en so verneder en arm gevoel?
Ja ek weet vier van my kinders slaap in een kamer
Onderkleertjies moes verlede jaar al vervang geword het
Die dak lek
My oond is alweer stukkend
Nuwe kurrikulum moet bestel word
Kombi het ernstige werk nodig
Bmer se voorlig is uit
Ons het Sondag al Dinsdag se budget gebruik

Sy spog met haar nuwe tuin
Sy spog oor 'n gourmet ete by vriende
Sy spog met haar spliter nuwe kar
Sy vra hoekom Liza nie prawns geëet het toe sy in Moz was nie

Ek huil op sy skoot
en hy troos met hierdie woorde:

Jy is skatryk
Jou kinders is pragtig
Daar is nog mense wat met net een hooflig ry in die nag
en al het jy Sondag al Dinsdag se budget gebruik,
as Beauty die voorhek se klokkie lui
het jy altyd vir haar kos en 'n geldjie.
Ons het nog altyd genoeg gehad om ander mee te kan help.

Dink jy sy het wat jy het?

En gisteraand ry ek en hy, met 'n geskenk, met die hoop dat ons sal
kan seën, en ervaar net weer hoe die Here ons een vóór was.
Dankie Here dat ek steeds kan gee, en as dit nie geld is nie,
my tyd, die talente wat U my gegee het, dit
kan gebruik vir U.
Dit is so 'n voorreg om vir U te werk.
Vergewe my dat ek arm gevoel het
in my rykdom by U.

Mignon
Dis dalk tyd om weer die dankie boekie uit te haal... dink jy nie ook so nie? Waar het ek hom verlê....

Monday, July 22, 2013

The best chocolate cake - Trim Healthy Mama!

After being on THM for a couple of weeks I started to experiment a bit and here's my beauty! A smooth, rich and moist chocolate cake with the sweetest chocolate topping! GUILT FREE!


Cake:
Pre-heat oven @ 180' or 350'F
Crack two egg whites into a mug and gently mix with a fork.
Add two tbsp cocoa and 1 tbsp coconut flour.
Mix some more.
Add 1 tbsp of water, a pinch of salt, a dash of vanilla and 3 good pinches of cinnamon.
Mix until smooth.
Add plan approved sweetener - I use 1 teaspoon of stevia.
Add 1/2 teaspoon of baking powder at the last moment and mix thoroughly with a fork.
Spray a metal (camping) mug with Spray&Cook, add the mixture and bake for 15 minutes.

Icing:
In another metal mug: 1 tbsp good cream cheese, 3 teaspoons of xylitol and 1/2 teaspoon of cocoa.
Mix gently with a teaspoon on a hot plate. Careful not to burn and gently melt all the ingredients and bring to boiling point or until the xylitol has completely melted.

Spoon the icing on top of the cake as soon as it comes out of the oven!


The cake I think is an FP and the icing will make it an S!
Guilt free indulgence!
Enjoy!
Mignon

Sunday, July 21, 2013

Before, and a progress report...

I've got two awful pictures of myself.
Two pictures I thought I would NEVER share here with you!
Me at my heaviest...



Ek gaan nou my hart deel so hier slaan ek oor in Afrikaans. Om oorgewig te wees het aan my selfbeeld begin geknaag. Stukkie vir stukkie het ek my selfvertroue verloor. As Christen wou ek so graag ander mense positief beïnvloed... en dan dink ek aan my gewig: almal kan sien: Jy het 'n duidelike gebrek aan selfbeheersing. En ja my eetgewoontes hét buite beheer geraak en dit het by die punt gekom waar ek net nie meer geweet het watter kant toe nie. Ek het die spieël begin haat en ook dit wat ek daar gesien het - en dis nie waar ek wou wees nie.

Van Weight Watchers na Weigh less na die bloedgroep dieet na alles versap na slegs groente en vrugte en steeds as ek in die oggend opstaan is my bene seer en styf en ek dink dis maar van heeldag op my voete wees. O nee dit was nie. Nou weet ek dit was van pure oorgewig wees dat my voete so swaar gekry het...


7 Weke later, 7 kilogram af en ek voel fantasties! Niks meer seer stywe voete in die oggend nie. Van 'n size 16 na 'n size 12 en ek kan dit skaars glo!!! Hier is 'n skakel na die webwerf en waar om die boek te kry maar die beste prys is maar hier!

Mignon

Thursday, July 18, 2013

Nog foto's van Mosambiek.








Hulle doen waarlik wonderlike werk! 
Ek kan (amper) verstaan hoe my kind by die ontbyttafel kan kom sit in trane uitbars en sê: Mamma ek wil nie hier wees nie. Nie dat ek nie hier wil wees nie. Maar dáár. Ek wil dáár wees.  
Want daar is betekenis en doel.
Dáár kan ons God se werk doen.
Hier is elke dag, wel, net nog 'n dag...
My hart is seer vir haar.
Mignon

Mosambiek het my kind se hart gesteel.









Mosambiek het my kind se hart gesteel...
Mignon
(nog foto's sal volg...)

Thursday, July 11, 2013

Sy kom vandag huistoe!


Een van die eerste dinge wat sy vir my gevra het was hoe cope mamma sonder my? Wel, een ding is verseker: ek het baie gou geleer om my kop bymekaar te hou!

Die huis was baie stil sonder haar. Die hond is deurmekaar en weet nie regtig waar sy hoort nie. Ek dink daar was dalk 'n aand of twee wat sy sonder kos gaan slaap het. Ilze het skottelgoedwasser in en uit gepak sonder dat sy dit agtergekom het en die ander kinders het ingespring en gehelp.


Selfs al kon ons al die takies gedoen kry sonder haar het ons haar teenwoordigheid en uitbundige gelag vreeslik gemis. Daar was niemand om voor te sê los nou die kleintjies uit nie. 'n Ousus kan tog so die kindertjies opwerk en hul koppies heeltemal laat uithaak!

Maar oor die regtige groot seer van verlang gaan ek eerder nie skryf nie. My Liza... Hulle is nie regtig ons s'n nie is hulle? Ons leen hierdie mensies vir 'n rukkie, saai soveel moonlik goed in hulle lewens en hoop dat al die sleg en foute vergeet sal word. Want ons maak tog foute. Maar die liefde bedek alles, glo alles en hoop alles.

Ek kan nie wag om al die stories te hoor nie!

Ons het jou vreeslik gemis!
Mamma

Tuesday, July 2, 2013

The skirt, there are few things so feminine.

Sondae het ons rokke gedra. Dis hoe ek grootgeword het. Nooit in te nimmer sou ek droom om 'n broek aan te trek kerk toe nie. Selfs in die hoërskool en in die koshuis het ons meisies rok gedra op 'n Sondag, selfs al hét jy nie 'n kerk bygewoon nie! Wat het verander? Dra ons nog rok op Sondae? Op enige dae?

In Afrika dra vrouens nog rokke en rompe. Vroue in Afrika is nog onderdanig en nederig volgens hul kultuur. Wanneer ons (as Christen vroue) rondloop in ons kort broekies en stywe langbroeke, is ons bewus daarvan dat ons dalk mag aanstoot gee?



"African cultures value politeness and hospitality highly, so unless you probe and ask lots of questions you will never know that you have offended your hosts. They will continue to smile and be friendly even as the door slams firmly shut to further ministry.

In Africa, it is generally considered a disgrace for a man to have long hair. Yet you will see many long haired men heading out to "evangelise Africa" oblivious to what a stumbling block their appearance may be." - JOY! Magazine Volume 22 Issue 04

So uit met die naaldwerkgoed en ek werk tot laat in die nag om hierdie romp vir Liza klaar te maak voor sy vertrek vir Mosambiek. En kyk hoe mooi. Ek gaan beslis nog rompe maak vir my dogters. Het ons enige verskonings om nie meer rompe en rokke te dra nie?


Is 'n romp of rok dan nie die toppunt van vroulikheid nie?

Monday, July 1, 2013

Vertrek na Mosambiek - Deel 5






Mag die Here julle seën en veilig bewaar
Mag Hy die lig wees op julle pad
Julle laat groei en julle gebruik
tot Sy eer en heerlikheid!

Mignon
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...