Sunday, June 16, 2013

'n Sendinguitreik en gehoorsaamheid - Deel 3

Hoe gemaak as jy dringend 'n antwoord nodig het by die Here? Want soms het ons nodig om besluite te neem, belangrike besluite en ons wil nie graag die verkeerde besluite neem nie.

Wat sou jy doen in so 'n situasie?

Ek onthou die dag toe my Pa my bel en sê dat dit nie so goed gaan met my Ma nie. Hy het gesê dat ek nie moet jaag hospitaal toe nie, maar dat die dokter gesê het sy sou nie weer teruggaan versorgingsoord toe nie. Ek was so 2 maande swanger met die tweeling. Dit was so 10 uur die oggend, genoeg tyd om betyds te kon wees vir besoektyd.

Pa het my verseker dat ek regtig nie hoef hospitaal toe te jaag nie. Die dokter wou haar net regtig op geen ander plek hê as in die hoë sorg eenheid nie.

Dit was een van daardie oomblikke waar ek NOU 'n antwoord nodig gehad het.


Ek het gebid, my Bybel oopgemaak, my vinger neergesit en die vers reg onder my vinger as antwoord geneem:


Sommige mense sal sê dis nie hoe mens besluite neem nie. Ek sê: dis 'n geloof ding. Ek WEET die Woord van God (my Bybel) is lewendig en kragtig en ek het nog nooit 'n fout gemaak deur God op Sy Woord te neem nie! Kyk na hierdie ongelooflike antwoord. Die Here sê nie net vir my om nie te gaan nie, maar ook dat die Verwoester skielik gaan kom. Gehoorsaam het ek by die huis gebly.

Daardie middag, net voor besoektyd, maak ek weer my bybel oop en bid en vra en Hy sê gaan. Gaan. Ons het onmiddellik gery en binne 'n uur is my ma toe verskuif na Intensief en daar seën die Here my met die wonderlikste geleentheid om vir haar te kon intree in gebed, iets wat ek nooit kon doen toe sy nog geleef het nie en ek kon haar gunsteling Psalm vir haar lees. En skielik was sy toe weg.

Indien ek die oggend by die hospitaal was, sou ek nie die middag wéér gegaan het nie en ek sou dit vir die res van my lewe berou het.

En hier soek ek nou weer 'n dringende antwoord...
Mignon

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...