Sunday, June 16, 2013

'n Sendinguitreik en gehoorsaamheid - Deel 2

Weke het verby gegaan. Ons het nie weer oor die Mosambiek uitreik gepraat nie. Dit was oor en vergete behalwe vir die afkondigings Sondae in die kerk. Ons het reeds besluit dat sy te jonk was om te gaan en ons het in elkgeval nie genoeg geld gehad om haar te kon stuur nie.

Verlede Sondag, uit die bloute vra my man of ons nie maar tog vir Liza moet laat gaan nie. 'n Telefoon oproep later en die laaste sitplek op die bus is Liza s'n mits ons binne 'n week vir haar 'n paspoort kan bekom en die gelde inbetaal. Hulle wou die ekstra plekkie op die bus hou vir voorrade maar Liza is baie welkom om saam te gaan. Ons het minder as 24 uur om finaal hieroor te besluit.

My hart bons in my keel. Hoe op aarde besluit 'n mens hieroor?

Is sy gereed hiervoor?

Is ek gereed hiervoor? Gereed om haar te laat gaan?

Al wat ek kon doen was om te bid. En stil het ek vertrou vir 'n negatiewe antwoord .

Maandag oggend neem my eie wil beheer en ek sê vir my man dat ek nie dink Liza is gereed vir hierdie reis nie. Tot my verbasing sê hy toe dat as ek nie gemaklik voel hiermee nie dan is dit reg dat sy nie gaan nie.

In daardie oomblik het ek besef: hierdie is mý wil. Ek wou nie hê sy moes gaan nie. Ek was die struikelblok. Ek was onseker. Ek en my wil. Ek is die een wat in haar pad staan.

Maar Here wat wil U hê?

Ek moes bid, Wegglip na my kamer, die deur toemaak en  bid smeek soek. Wat is U wil Vader? Wat is U wil vir my kind?

Wanneer ons op ons eie insigte begin staatmaak,
wanneer ons op ons eie gevoelens en instinkte begin vertrou,
wanneer ons dink ons weet die beste
kan dit aanleiding gee tot ongehoorsaamheid aan God.


Mignon

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...