Friday, June 14, 2013

'n Sending uitreik en gehoorsaamheid - Deel 1

Ons kon aan 'n duisend redes dink waarom sy nie gereed was om saam met die kerk op 'n sendinguitreik na Mosambiek kon gaan nie. Op haar eie!? Sy's net 14! En ek is beslis nie reg om haar al te laat gaan nie! ENIGE PLEK HEEN NIE!

Sy wou dit so graag hê. Sy het gevas. Vir 'n hele dag lank. Nie eers 'n druppel water oor haar lippe nie. Dit was ook die dag wat ek haar vir die eerste keer op haar knieë gesien het, voor God. Smekend.

Ek moet bely: Ek het daardie dag by myself gedink: Vas jy maar my kind, jy gaan nêrens heen nie. Nie so ver van my af oor die grens in Zimbabwe oor nog 'n grens na 'n plek waar selfs ek te bang is om op my eie te gaan nie?



Wanneer iets in God se wil is, is daar nie veel wat 'n hardkoppige Mamma of  'n oorbeskermende Pappa kan doen om te keer dat hul dogter oor twee landsgrense gaan op 'n sending uitreik nie!


So wat het my van besluit laat vernader? Want ek was baie seker daarvan dat sy níe reg was vir so ver weggaan nie, en ons het beslis nie genoeg geld gehad vir dit nie. Ons het om die waarheid te sê baie redes gehad waarom Liza nie hierdie jaar sou kon Mosambiek toe gaan nie!

Jy gaan verseker weer moet kom inloer vir die res van hierdie storie!
Mignon

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...