Wednesday, June 19, 2013

At long last a diet that works!

I can honestly say that I have tried all the diets that there is out there! I did them all! From juicing everything to weighing everything and if I remember correctly I told the whole story here.



At the beginning of this year two sisters published a book that they have been working on for five years. I knew about this book and the diet, but seemed to forget about it. Three weeks ago I walked into my favourite health store and there it was on the shelf! Trim Healthy Mama!



The book is almost as thick as my Bible, and lately its been going everywhere with my Bible! Its a book that is making sense out of all the information out there and for the fist time in my life I am understanding the relationship between blood sugar and insulin and the way it works! Finally a book that makes sense and a diet that is based on a simple principle!

The best part of this book, is chapter six! Back to God's word! Back to Biblical principles! I have tried to follow the blood group diet for years! Where has it gotten me? Nowhere! I have always felt that eating that way, is denying scripture. The blood group diet, although it works for many people, is based on evolution. And that is against the Bible. Whether it works or not, eating like that becomes a religion in itself and it is a religion against the God that created us in the first place and that said: Thou shalt eat!

And the good news: I've been on THM for two and a half weeks now and I've lost 3,3 kilograms! (thats 7,26 pounds!) 

Mignon

Monday, June 17, 2013

'n Sendinguitreik en gehoorsaamheid - Deel 4

En hier is hoe dit Here my roepstem geantwoord het:


Eers het ek gemaak of ek nie die antwoord verstaan nie, ek wóú dit nie só hoor nie. Ek was nie gereed vir hierdie antwoord nie. Ek wou 'n ander antwoord hê.

En die Here bly geduldig met my.
Dankie vir genade.

Ek sê toe:  Here, sê net bly of gaan, dis al wat ek vra, bly of gaan. Gaan of bly. Net 'n enkele woordjie so dat ek kan sin maak uit dit alles...


En 'n ongelooflike vrede neem beheer van my gees. Geen huiwer meer in my nie, Liza gaan Mosambiek toe, sy gaan in goeie geselskap wees , en dit ís alles in die Here se wil en ek sal vertrou.

Ek skryf hierdie met trane in my oë want om jou kind te laat gaan die vreemde in is seker van die moeilikste dinge om te doen. Maar gehoorsaamheid is soveel makliker as jy die versekering het dat dit wat jy moet doen in die wil van ons Vader is. Sonder Sý vrede sou ek sekerlik 'n wrak gewees het!

Mignon

Sunday, June 16, 2013

'n Sendinguitreik en gehoorsaamheid - Deel 3

Hoe gemaak as jy dringend 'n antwoord nodig het by die Here? Want soms het ons nodig om besluite te neem, belangrike besluite en ons wil nie graag die verkeerde besluite neem nie.

Wat sou jy doen in so 'n situasie?

Ek onthou die dag toe my Pa my bel en sê dat dit nie so goed gaan met my Ma nie. Hy het gesê dat ek nie moet jaag hospitaal toe nie, maar dat die dokter gesê het sy sou nie weer teruggaan versorgingsoord toe nie. Ek was so 2 maande swanger met die tweeling. Dit was so 10 uur die oggend, genoeg tyd om betyds te kon wees vir besoektyd.

Pa het my verseker dat ek regtig nie hoef hospitaal toe te jaag nie. Die dokter wou haar net regtig op geen ander plek hê as in die hoë sorg eenheid nie.

Dit was een van daardie oomblikke waar ek NOU 'n antwoord nodig gehad het.


Ek het gebid, my Bybel oopgemaak, my vinger neergesit en die vers reg onder my vinger as antwoord geneem:


Sommige mense sal sê dis nie hoe mens besluite neem nie. Ek sê: dis 'n geloof ding. Ek WEET die Woord van God (my Bybel) is lewendig en kragtig en ek het nog nooit 'n fout gemaak deur God op Sy Woord te neem nie! Kyk na hierdie ongelooflike antwoord. Die Here sê nie net vir my om nie te gaan nie, maar ook dat die Verwoester skielik gaan kom. Gehoorsaam het ek by die huis gebly.

Daardie middag, net voor besoektyd, maak ek weer my bybel oop en bid en vra en Hy sê gaan. Gaan. Ons het onmiddellik gery en binne 'n uur is my ma toe verskuif na Intensief en daar seën die Here my met die wonderlikste geleentheid om vir haar te kon intree in gebed, iets wat ek nooit kon doen toe sy nog geleef het nie en ek kon haar gunsteling Psalm vir haar lees. En skielik was sy toe weg.

Indien ek die oggend by die hospitaal was, sou ek nie die middag wéér gegaan het nie en ek sou dit vir die res van my lewe berou het.

En hier soek ek nou weer 'n dringende antwoord...
Mignon

'n Sendinguitreik en gehoorsaamheid - Deel 2

Weke het verby gegaan. Ons het nie weer oor die Mosambiek uitreik gepraat nie. Dit was oor en vergete behalwe vir die afkondigings Sondae in die kerk. Ons het reeds besluit dat sy te jonk was om te gaan en ons het in elkgeval nie genoeg geld gehad om haar te kon stuur nie.

Verlede Sondag, uit die bloute vra my man of ons nie maar tog vir Liza moet laat gaan nie. 'n Telefoon oproep later en die laaste sitplek op die bus is Liza s'n mits ons binne 'n week vir haar 'n paspoort kan bekom en die gelde inbetaal. Hulle wou die ekstra plekkie op die bus hou vir voorrade maar Liza is baie welkom om saam te gaan. Ons het minder as 24 uur om finaal hieroor te besluit.

My hart bons in my keel. Hoe op aarde besluit 'n mens hieroor?

Is sy gereed hiervoor?

Is ek gereed hiervoor? Gereed om haar te laat gaan?

Al wat ek kon doen was om te bid. En stil het ek vertrou vir 'n negatiewe antwoord .

Maandag oggend neem my eie wil beheer en ek sê vir my man dat ek nie dink Liza is gereed vir hierdie reis nie. Tot my verbasing sê hy toe dat as ek nie gemaklik voel hiermee nie dan is dit reg dat sy nie gaan nie.

In daardie oomblik het ek besef: hierdie is mý wil. Ek wou nie hê sy moes gaan nie. Ek was die struikelblok. Ek was onseker. Ek en my wil. Ek is die een wat in haar pad staan.

Maar Here wat wil U hê?

Ek moes bid, Wegglip na my kamer, die deur toemaak en  bid smeek soek. Wat is U wil Vader? Wat is U wil vir my kind?

Wanneer ons op ons eie insigte begin staatmaak,
wanneer ons op ons eie gevoelens en instinkte begin vertrou,
wanneer ons dink ons weet die beste
kan dit aanleiding gee tot ongehoorsaamheid aan God.


Mignon

Friday, June 14, 2013

'n Sending uitreik en gehoorsaamheid - Deel 1

Ons kon aan 'n duisend redes dink waarom sy nie gereed was om saam met die kerk op 'n sendinguitreik na Mosambiek kon gaan nie. Op haar eie!? Sy's net 14! En ek is beslis nie reg om haar al te laat gaan nie! ENIGE PLEK HEEN NIE!

Sy wou dit so graag hê. Sy het gevas. Vir 'n hele dag lank. Nie eers 'n druppel water oor haar lippe nie. Dit was ook die dag wat ek haar vir die eerste keer op haar knieë gesien het, voor God. Smekend.

Ek moet bely: Ek het daardie dag by myself gedink: Vas jy maar my kind, jy gaan nêrens heen nie. Nie so ver van my af oor die grens in Zimbabwe oor nog 'n grens na 'n plek waar selfs ek te bang is om op my eie te gaan nie?



Wanneer iets in God se wil is, is daar nie veel wat 'n hardkoppige Mamma of  'n oorbeskermende Pappa kan doen om te keer dat hul dogter oor twee landsgrense gaan op 'n sending uitreik nie!


So wat het my van besluit laat vernader? Want ek was baie seker daarvan dat sy níe reg was vir so ver weggaan nie, en ons het beslis nie genoeg geld gehad vir dit nie. Ons het om die waarheid te sê baie redes gehad waarom Liza nie hierdie jaar sou kon Mosambiek toe gaan nie!

Jy gaan verseker weer moet kom inloer vir die res van hierdie storie!
Mignon

Tuesday, June 11, 2013

Maandagaand: Cowboy kos!

Hierdie is 'n vinnige maklike resep. Genoeg vir 'n groot gesin, en kan maklik halveer word.



Braai een ui in 'n bietjie olie.
Vir kindertjies wat gril vir uie, sny ek my uie in repies wat maklik uitgehaal kan word vir die "picky eater" in my gesin!
Voeg 'n halwe teelepel matige kerriepoeier by. Braai die kerriepoeier effens saam met die uie.
Voeg by 2 blikkies (Pork free) Bully Beef in blokkies gesny.
Voeg by 2 blikkies "baked beans in tamatie sous"
Voeg 50 gram tomato paste by, met bietjie water, + 1t suiker.
Omdat al die bestandele reeds gaar uit 'n blikkie kom, is dit nie regtig nodig om dit vir lank te kook nie.
Bedien met rys of kappok aartappels (mash).

Mignon


Friday, June 7, 2013

Spaghetti/Linguine pasta en maalvleis.


Maalvleis: Braai een ui tot sag in 'n bietjie olie. Braai dan die maalvleis (500 gram) tot gaar. Sit die pot se deksel op - dit sal verhoed dat die maalvleis uitdroog en moontlik aanbrand. Voeg by: 1t sout, 1t origanum,  een blikkie "chopped & peeled tomato", een pakkie (50 gram) "tomato paste" en 1t suiker. Voeg 'n bietjie water by om die sous te verdun indien nodig. Laat dit stadig kook vir 15 minute met die deksel op. Indien te loperig - verdik met koue water en bietjie mielieblom. (ek vedun altyd my sous en verdik dan weer later met mielieblom)
Ek gebruik hierdie basiese maalvleis resep vir lasagne ook.
Pasta: Kook spaghetti of linguine in souterige water met bietjie olie in die water, tot sag. Dreineer die water sonder om dit af te spoel en meng met maalvleis. Bedien warm met kaas.



Heerlik!


Mignon

Wednesday, June 5, 2013

Kan julle nie stilsit nie!?

"Sit asseblief stil vir Mamma."

"Vingers uit die neus!"

"Kyk vir Mamma."

"Sê hallo!"

"Sit tog net stil!"

"Micah!"

"Agge nee julle!"

"Emma!"


Ek gee op!


My beste (gunsteling) Argilla resep!

Voorbereiding: 15 minute
Baktyd: 2 ure
Bestandele: uie, groente, hoender stukke, 1 pakkie 60g Knorr groente sop poeier, een koppie koue water, 1E maynaise, 1E tamatie sous, 1E chutney. (geen ekstra sout of peper nie!)



Spuit jou bak met Spray&Cook, en plaas gekapte uie onder-in.


Groente bo-op, dan hoender stukkies.


Meng een pakkie (60 gram) groente sop poeier met een koppie koue water en giet oor alles. Daar is genoeg sout in die sop poeier - dus is dit nie nodig vir enige ekstra sout nie.


Meng gelyke hoeveelhede mayonaise, tamatie sous en chutney en smeer oor die hoender stukkies.


Deksel op en in 'n KOUE OOND! Skakel die oond aan op 120'C vir 20 minute, dan op 160'C vir nog 100-120 minute. Jy kan selfs dit nóg stadiger bak teen 140'C vir 3 ure.


Hierdie is 'n heerlike resep om gou op 'n Sondag oggend vóór kerk in die oond te gooi! Hmmm...

Mignon
Dankie aan my sussie vir hierdie resep!

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...