Tuesday, May 28, 2013

To compromise...

Daar is een ding wat ek baie streng oor is: wat my kinders kyk op die kassie. Oor die jare het ek al baie kompromieë gemaak, maar een ding staan vas: geen towery, magic, feëtjies, zombies, towenaars, towerspreukeof magiese kragte nie. Dáár trek ek die streep.

Wanneer daar iets nuuts op die rakke is, doen ek saam met die kinders bietjie navorsing en dan besluit ons of ons dit kan/gaan kyk of nie.

Toe kom Brave: 'n hele ruk voor die bekendstelling hier in Suid Afrika het ek verneem dat dit 'n uitstekende mamma-dogter fliek is. En so het ek en my twee oudste dogters díe gaan kyk.


En ja, dit wás 'n goeie mamma-dogter fliek, maar al die towery en heksery het vir my al die goeie daarin oorskadu. En so het ek 'n skrefie in die deur oopgemaak...


Met Rise of the Guardians het ek en die kinders besluit dat ons nie vir Santa, Toothfairy, Sandman en die Easter bunny plek sal maak nie. En vir lank het ons vasgestaan. Tot verlede Vrydag, in 'n oomblik van swakheid neem ek toe die fliek uit vir die kinders. O! was hulle in hul noppies! En die deur staan 'n bietjie wyer oop...

Sondag gaan pappa en tweede oudste om 'n fliek te gaan uitneem. Raai waarvoor sien my dogter kans:


Eers was ek baie ontsteld met my dogter se onvermoë tot onderskeiding, maar toe besef ek dit was alles as gevolg van die deure wat ek SELF oopgemaak het.

Wat staan my te doen?
Moet ek toelaat dat my kinders so half en half weet wat reg en verkeerd is, of gaan ek onwrikbaar staan teen die bose invloed van die media. Kan ek van hulle verwag om 'n goeie sin van onderskeiding te hê as ek hulle nou en dan gaan blootstel aan gemors? Gaan ek net 'n bystaander wees en toekyk en maar net alles toelaat ter wille van sogenaamde vrede? Want oe kinders kan lekker manipuleer en verskonings uitdink oor hoekom hulle 'n fliekie móét kyk!

My antwoord: nee. En 'n baie besliste nee!

Die prys?
Duur. Ek moes om verskoning vra vir my eie slegte besluite. Ek kan ook in hulle ogies sien dat 'n bietjie vertroue en respek en eer daarmee heen is. As 'n ouer nie by haar standpunt kan bly nie, is dit die kinders en verhoudings wat seerkry.

Ek het gaan kyk na webtuistes soos pluggedin.com en crosswalk.com maar hierdie webtuistes neem nie regtig standpunt in nie, en blyk ook nie veel onderskeining te hê nie! Die "movie reviews" is goed gedoen, maar laat jou as ouer steeds om self die besluit te neem. Ek skat niemand gaan vir jou die besluit neem nie, it's up to you.

Waar trek jy die streep?

4 comments:

  1. Wijze les. Ik trek idd de streep. Nederlandstalige film zitten vol vloeken. Ik kijk ze eerst of ze goed zijn. Magie komt er niet in. Maar er is ook nog een grijs gebied. Want wanneer is iets magisch. Wanneer niet? Asterix en Obelix ... daar zijn ze hier helemaal dol op. ( de jongens dan) Zit eigenlijk ook magie in. je hebt een goed onderwerp aangesneden.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie Jedidja! Ek hou ook nie van grys gebiede nie! Soos Barnie en Barbie!!!

      Delete
    2. Ja, dat is zo. Hebben ze bij jullie de film/video Snuf de Hond?
      Dat zou jou oudste een mooie vinden misschien. Wel een beetje Europees misschien? Over een jongen in de tweede wereldoorlog in Holland. Met een hond in de hoofdrol.

      http://www.bol.com/nl/p/snuf-de-hond-filmbox/1002004010700512/

      Delete
    3. Ons sal beslis gaan loer! Baie dankie xx

      Delete

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...