Tuesday, May 7, 2013

Wanneer alles oorwelding (10 dinge wat help)

Het moederskap en huishou jou al oorweldig?
Vir my beslis.
Daar is regtig dae wat ek voel die wasgoed gaan net nooit ophou nie en my huis gaan net nooit weer netjies wees  nie! Om nie te praat van skoon wees nie.







Waar begin jy om weer kop bo water te kom? (of waar het ek begin?)
  1. Bid. Dit is altyd 'n goeie plek om te begin - veral as jy alreeds op jou knieë is. 
  2. Spandeer tyd in die Woord. Ja, los alles netso en gaan lees jou Bybel. Begin by die Psalms, en bid nog meer.
  3. Gaan buitentoe. Kry bietjie vars lug. Neem sommer die kinders bietjie na die speel parkie toe of gaan stap om die blok.
  4. Spring in en doen wat jy moet doen.
  5. Kry die kinders om te help. Gee eenvoudige takies wat binne hul vermoë is en laat hulle baie spesiaal voel omdat hulle vir mamma help.
  6. Dit help om klein doelwitte te hê vir elke dag. Maandag: stofsuig en sit elke ding weer op sy plek. Dinsdag: maak die badkamers skoon en gooi die vullis uit. Woensdag: maak die kombuis skoon en stof af. Donderdag: strykdag. Vrydag: vee en mop die vloere indien nodig. Hier is 'n groot geheim: Ek mop net my vloere as hulle vuil LYK!
  7. Doen ten minste een bondel wasgoed per dag.
  8. Glimlag en luister.
  9. Moenie weer lugtyd op jou foon laai nie, ignopreer die rekenaar, moenie bbm/facebook/email herlaai op jou selfoon nie. Jy gaan niks mis as jy 'n dag of twee net "un-plug/afskakel" nie 
  10. Kry daardie dankie boekie uit en tel weer die dankies...
Dis wat ek gedoen het...





Nou, om dit so te hou...
Wat doen jy as alles te veel word?
Mignon

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...