Thursday, May 30, 2013

Gerookte kalkoenboud - Argilla styl.

Ek is versot op my Argilla breekware! Mens sou dink dat dit baie duur is, maar glo my dit is nie die geval nie. Ek sou nie gesonde kos vir my gesin kon voorberei in hierdie besige huishouding as dit nie was vir my Argilla bakke nie! Ek gaan in die volgende paar weke gereeld van my gunsteling Argilla resepte hier plaas:


Spuit 'n oondbak met Spray & Cook. Plaas uie en wortels onder in die bak.
Dan die gerookte kalkoenboud bo-op, en sit dan gesnyde aartappels rondom. Smeer die aartappels liggies met olyfolie om te verhoed dat dit uitdroog (sommer met 'n kwas) en sprinkel klein bietjie sout oor die aartappels.

Plaas die bak met deksel op binne in 'n KOUE OOND. Skakel die oond aan vir 20 minute op 120 grade Celsius, en dan op 140 grade Celsius vir 100 minute.
Net voor die ete klaar is, meng bietjie mielieblom met koue water en meng dit met die sous onder in die bak en plaas onmiddelik weer terug in die warm oond vir nog 10 minute of tot die sous deurgekook het.

Waarskuwing vir jou Argilla bak: Moet nooit die breekware te vinnig opwarm of laat afkoel nie! Jou bak sal beslis kraak - dit het al met my gebeur. Dit is ook die rede waarom jy die bak in 'n koue oond plaas en dan geleidelik die oond warm maak.


Bedien met bruinrys en lensies!
Geniet!
Mignon

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...