Friday, March 29, 2013

Idees vir die res van die Paastyd.

Paasnaweek is nog lank nie oor nie, en hier is 'n paar idees om nog in die res van die naweek in te pas.

1. Lees Johannes 6:47-59

2. Maak 'n doring kroon. Daar is geen beter "reality check" as wanneer een van daardie dorings jou raak steek nie.

3. Prepare a passover meal, daar is nog tyd oor tot die 2de April. 25 March-2 April is Jewish passover. Ek het hierdie jaar 'n oop uitnodiging op Facebook geplaas en vinnig al my tafels en stoele volgemaak met 'n amazing gastelys. Ons vier môre hierdie spesiale ete en ek sal beslis 'n paar foto's neem om hier te wys.

4. Make you own Seder plates.



4. Stuur 'n e-pos aan my by mignonstruwig@gmail.com en dan stuur ek vir jou ons Seder ete se kaartjies en die volgorde van die ete. For free!


5. Bak opstandings koekies as gesin. Die ideale tyd is Saterdag aand, óf Sondagaand. Die kinders geniet dit altyd vreeslik! Hier is die resep, en hier is ons poging van velede jaar.


6. Maak 'n klein vrede tuintjie.



Paas tyd is tog soveel belangriker as enige ander tyd van die jaar. Dit is tog waaroor ons geloof in Jesus gaan. Ek het grootgeword met kerk toe gaan op Goeie Vrydag, en dan het die res van die dag soos 'n Sondag gevoel met 'n bonus dat die naweek eintlik nog voorlê. Maandag oggend het ons paas eiers in die tuin gesoek en dit was dit. Paasfees.

Vier jaar gelede het ons die eerste keer 'n Seder ete gehou. Dit het eintlik as 'n tuisskool projek begin. Ons het dit so geniet dat ons dit nog elke jaar weer gedoen het. En elke jaar deel ons hierdie ervaring met meer en nuwe vriende.

Ons móét 'n groot hoe haa maak van hierdie tyd.
Dit IS belangrik.
Vir ons kinders se onthalwe.
Ag en hou verby paashaas, you're not welcome here!

Mignon

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...