Monday, October 8, 2012

Top tien dinge oor Skrif memorisering!


  1. Moenie ophou nie, al voel dit vir jou of jou kop gaan ontplof!
  2. Een vers per week, of selfs een vers elke tweede week, en jy kan 'n hoofstuk in 'n jaar se tyd memoriseer!
  3. Onthou, wanneer die woorde eers in jou kop is, dan is dit wanneer hulle in jou hart begin werk. En as die woorde eers in jou hart is, verander dáárdie woorde jou hele LEWE!
  4. Soms raak dit moeilik. Hou net aan. Dit is in die moeilike tye wat die woorde eers in jou hart moet werk voordat hulle in jou kop kan gaan vassit! 
  5. Skryf die verse neer: in 'n boek, op die muur.
  6. Sê die woorde hardop - dit is baie belangrik. Die klank van jou eie stem maak dit soveel makliker om te onthou. 
  7. Maak bebruik van handgebare terwyl jy die verse opsê. 
  8. Teken prentjies.
  9. Hersien alle gememoriseerde verse een maal per week. (Sondag is 'n goeie dag hiervoor.) Neem die tyd om enige foutjies wat ingesluip het reg te maak.
  10. Lees saans gememoriseerde verse voor jy gaan slaap. Ek lees dan ook sommer die verse wat ek nog moet memoriseer vooruit. Op hierdie manier raak die nuwe verse meer en meer bekend. 
Moenie haastig wees nie, hierdie is 'n langtermyn belegging!
Mignon
Matthéüs 5-7
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...