Monday, October 1, 2012

Tien maniere om bietjie minder vir jouself te leef.

1.  Begin deur jou eie seëninge te tel. Letterlik! Gaan skryf hulle neer.

2.  Leef 'n bietjie stadiger en kyk wat om jou aangaan. Luister na wat mense regtig sê. Spandeer daardie ekstra 5 minute in gesprek met iemand. Stadig, stadiger.


3.  Tree uit jou gemak zone en gaan uit jou gewone pad, ry anderkant om, 'n ander roete. Kyk om jou rond, met 'n oop hart...


4.  Begin droom van daardie onmoontlike droom.


5.  Doen een iets vir iemand anders en verwag niks terug nie.

6.  Gebruik net wat jy het, net waar jy is.

7.  Moenie wag vir môre, of volgende week, of tot jy meer geld het nie. Moenie dat allerhande verskonings   jou keer nie.

8.  Moenie ander mense oordeel nie. Die lyn tussen rykdom en armoede is soms net twee salarisse weg...

9.  Wees bereid om 'n instrument te word in iets grooter as jyself.

10.  Bid. Bid. Bid.

In liefde
Mignon

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...