Wednesday, October 31, 2012

Wednesday picture joy...













My help arrives and I just want to send her away. Can't she get distracted and go bother someone else. Then I remember to slow, slow, be here because it is here where I find joy... in this moment. I get the camera.

Do you sometimes rush through the moments and forget to just be here?

Don't forget every moment counts, even if the you have to rearrange all the washing... again!

Wednesday, October 24, 2012

Wednesday, October 17, 2012

Wednesday picture story - part 1.

Ilze in aksie: 'n Wilde tarentaal in een van ons bome weier om weg te vlieg... En natuurlik moet sy gaan ondersoek instel.










Come back next week for the rest of this story...

Monday, October 8, 2012

Top tien dinge oor Skrif memorisering!


  1. Moenie ophou nie, al voel dit vir jou of jou kop gaan ontplof!
  2. Een vers per week, of selfs een vers elke tweede week, en jy kan 'n hoofstuk in 'n jaar se tyd memoriseer!
  3. Onthou, wanneer die woorde eers in jou kop is, dan is dit wanneer hulle in jou hart begin werk. En as die woorde eers in jou hart is, verander dáárdie woorde jou hele LEWE!
  4. Soms raak dit moeilik. Hou net aan. Dit is in die moeilike tye wat die woorde eers in jou hart moet werk voordat hulle in jou kop kan gaan vassit! 
  5. Skryf die verse neer: in 'n boek, op die muur.
  6. Sê die woorde hardop - dit is baie belangrik. Die klank van jou eie stem maak dit soveel makliker om te onthou. 
  7. Maak bebruik van handgebare terwyl jy die verse opsê. 
  8. Teken prentjies.
  9. Hersien alle gememoriseerde verse een maal per week. (Sondag is 'n goeie dag hiervoor.) Neem die tyd om enige foutjies wat ingesluip het reg te maak.
  10. Lees saans gememoriseerde verse voor jy gaan slaap. Ek lees dan ook sommer die verse wat ek nog moet memoriseer vooruit. Op hierdie manier raak die nuwe verse meer en meer bekend. 
Moenie haastig wees nie, hierdie is 'n langtermyn belegging!
Mignon
Matthéüs 5-7

Friday, October 5, 2012

'n Groot dankie...


Dankie aan my dierbaarste vriendin wat van haar tyd en finansies gegee het om te help.
So baie dankie.


Agt kospakkies is gereed...
en klein handjies help alte graag...


 ...lekkers in pakkies opmaak vir die straatkinders...


Vol hoop...
Mignon

Wednesday, October 3, 2012

Wednesday picture story.









Ek vra om verskoning vir 'n nie so mooi storie vandag, maar hoe kan ek mooi prentjies opsit wanneer daar 'n groot knop in my keel sit. Ons lees genoeg eensydige nuusberigte... daar is 'n ander kant van die storie.

Dankie dat ek dit hier kan deel.
Mignon

Monday, October 1, 2012

Tien maniere om bietjie minder vir jouself te leef.

1.  Begin deur jou eie seëninge te tel. Letterlik! Gaan skryf hulle neer.

2.  Leef 'n bietjie stadiger en kyk wat om jou aangaan. Luister na wat mense regtig sê. Spandeer daardie ekstra 5 minute in gesprek met iemand. Stadig, stadiger.


3.  Tree uit jou gemak zone en gaan uit jou gewone pad, ry anderkant om, 'n ander roete. Kyk om jou rond, met 'n oop hart...


4.  Begin droom van daardie onmoontlike droom.


5.  Doen een iets vir iemand anders en verwag niks terug nie.

6.  Gebruik net wat jy het, net waar jy is.

7.  Moenie wag vir môre, of volgende week, of tot jy meer geld het nie. Moenie dat allerhande verskonings   jou keer nie.

8.  Moenie ander mense oordeel nie. Die lyn tussen rykdom en armoede is soms net twee salarisse weg...

9.  Wees bereid om 'n instrument te word in iets grooter as jyself.

10.  Bid. Bid. Bid.

In liefde
Mignon
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...