Saturday, July 21, 2012

'n Nalatingskap.

Vandag , vier jaar gelede, swanger met twee, het ek langs my Mamma se sterfbed gestaan. Kom ons ooit oor hierdie weggaan? So weg dat dit maak nie saak waar ek soek ek haar nie kan vind nie. Maar vandag het ek mooi gaan kyk waar sy tog orals nog is:

#2375 herinderinge!


Klein Emma slaap elke aand onder haar handewerk. 


Ek onthou wanneer ek haar masjiene sien geduldig staan en wag vir my om te kom kreatief wees. Te min ure in hierdie winters dae! 


Al haar goedjies en dingetjies... ek hou dit veilig.


Die mooi lappop waarmee ek nooit gespeel het nie, en my gunsteling Meraai (regs) sal my altyd aan haar laat dink.


O en as sy sou kon sien die gemors wat klein hanjies maak met kleurvolle garings!


En in my linnekas is daar orals iets wat 'n storie het om te vertel van haar.


En as ek 'n kans kry om te speel... haar gunsteling.


En elke winter, slaap ek onder haar handewerk! 

Doen daardie breiwerkie, hekel maar daardie kombersie, maak daardie herinderinge spesiaal. Eendag mag iemand dalk soek waar jý is. Waar gaan ons kinders ons soek? Wat gaan hulle onthou van ons? Wat is ons nalatingskap?

Mignon

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by. I would love to hear from you so drop your comment in the box.

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...